Man kritiek ná 6 honde hom takel

Argieffoto: ER24

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdag deur ses honde by ʼn huis in Poortview in Johannesburg aangeval is.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, is paramedici omstreeks 12:00 na die toneel ontbied waar ʼn man, in sy dertigs, in die tuin van die woning gelê het. Paramedici kon egter nie tot by die man kom om hom te help nie.

Plaaslike owerhede en die dierebeskermingsvereniging (DBV) se hulp is ingeroep om die honde van die man weg te lok waarna die owerhede die man tot by die paramedici kon bring, het Meiring gesê.

Die man het verskeie bytplekke opgedoen en het op daardie stadium geen teken van lewe getoon nie.

Meiring het gesê paramedici het inderhaas mond-tot-mond‑asemhaling op die man toegepas waarna die pasiënt sy bewussyn herwin het.

Die man is op die toneel gestabiliseer waarna hy na die Laratong-staatshospitaal gehaas is vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Johan ·

Was dit sy eie huis, dalk vriende se huis? Of was hy ‘n ongenooide gas?

Chantel ·

Op n Ander berig is gese hy werk as n tuinjong vir die mense wie se honde dit is

Rene ·

Dis die eienaar van die honde se tuinman, hy het 3 jaar vir hulle gewerk en het op die erf gebly.

Claire ·

He worked as a gardener and actually lived on the property

Rene ·

Ek self het 5 Honde, en ek kan nie n dag indink sonder hulle nie.

Piet ·

Rene, vandat ek uit die huis uit is op 16 het ek of my gesin enige honde benodig nie. Ek is nou in my sestigs. Honde is n pes, veral vir bure.

Lizelda ·

Hoe? Met n lekker groot tuin en baie plek om mee te speel. My vraag is wie was die persoon wat gebyt is en waarom, want ek sal beslis nie n muur spring as ek weet daar wag 6 honde op my nie. Hoop ons hoor meer vd storie oor wie die man was.

Martin ·

Piet, ek is bevrees jy weet nie waarvan jy praat nie. Honde is mens se beste vriend en sal altyd sy/haar eienaar en eienaar se plek beskerm. Ons het 5 klein tipe honde en hulle is ñ groot genot elke dag. Kan net dink hoe droog die lewe sou wees sonder hulle. Sterkte aan eienaar, honde en werker.

Varkie ·

Ja nee n geblaffery die hele dag lank en ook net as hulle nie daar is nie, goeie uitnodiging vir diewe

Ramkat ·

Honourable member word wakker jy bly in die nuwe Suid Afrika.

Helena. ·

Baie dom vraag..as jy nie vir woefels het nie is jy verlore in die land. Hoop net daar is n waarskuwing op die hek anders word die arme diere van kant gemaak. Party mense mag mos maar kom en gaan (oortree) nes hulle wil..

Hennie ·

Piet ek dink jy is n pes ek ook al in my sestigs en baie groot honde liefhebber veral as hulle jou al beskerm het

Piet ·

Dankie Hennie, ek vat dit as n komplimemt. Geen hond het my al beskerm nie, net Jesus alleen.

SjN ·

As die man reeds 3 jaar daar werk en woon het daar iets anders gebeur, dus hoekom die honde daar is vir beskerming.

Marie ·

Die mens moet sy kant ook bring. Kan nie verwag die Here moet alles vir hom doen nie.

Sarah ·

Ek het self 4 boerboele en hul het ons beskerm te inbreker wou inbreek…hul het hom ook gebyt maar nie om dood te maak, net om ons te beskerm. Ons honde word met liefde en baie aandag grootgemaak en word gereeld vir stappies om die blok gevat waaroor hul mal is, so moet nie die as “overkill” uitmaak nie. Ons honde het nog net 1 keer iemand aangeval en dit was n persoon wat eiendom oortree het en toegang tot huis probeer kry het. hul het nog nooit eers lip getrek vir mense wat kom kuier het en soek gereeld die kinders uit om te speel. Van hul is nie meer jong honde nie. As jy nie self waghonde het en weet hoe om hul groot te maak en te hanteer, moet dan nie sulke kommentaar lewer nie

Dries du Toit ·

@sara. Ja maar boerboele is nie moordmasjiene nie. Hulle het net n baie hoë beskermings instink

wilma ·

Was daar nie op ‘n stadium ‘n “wet” (vir wat dit werd is) wat jou beperk het tot drie honde op ‘n stadserf nie?

HPV ·

Ja Wilma, hier by ons was so wet voordat die anc land totaal wetteloos gelaat het. Nou kan jy ‘n beesboerdery op ‘n stadserf bedryf.

Ekke ·

Ek ken iemand wat 9 honde het in n dorp. Mense het al gekla. Maar sys daardie soort wat vloek en skree as iemand haar aan vat.

Lindtjies ·

Rene versorg haar 5 honde en hulle is haar kinders. As mense hulle nie oor die honde gaan ontferm nie gaan daar soveel meer straat honde wees. Miskien moet daar ‘n plek open wat honde sterliseer teen ‘n baie bekostigbare prys. Die veeartse vra jou ‘n arm en been. Ek het my hondtjie laat regmaak en dit het my R1800 gekos. Nie almal het daardie geld nie. Honde is nie ‘n pes nie, hulle is deur God geskape vir die mens om te geniet.

HN ·

Ek het 9 honde (8 worsies & 1 lab). Al 9 my honde bly & slaap in die huis. Al 9 my honde kry baie liefde & aandag. Al 9 my honde is my kinders. Al 9 my honde het ‘n medies. Nou waar is ek selfsugtig omdat ek so baie honde het? Met die hulp van my 9 honde het nog niemand by my of my onmiddelike bure het enige skade gehad agv inbrake nie agv my honde wat wakker is.

Verseker ·

HN, ek stem met jou saam. n Mens se hondekinders is daar vir liefde, genot en beskerming. En vir my die beste is, hul oordeel jou nooit, en weet wanneer jy n af daggie het….

B ·

Wonder maar net hoekom is 4 van die 6 honde oorgegee om uitgesit teword? Die honde ken die man 3 jaar. Hoekom sal hulle hom net aanval? Baie jammer vir hom. Hoop hy word gou beter. My hart is ook net baie seer vir die honde.

Anoniem ·

Dries, my seun het ‘n Pitbull en my kleindogter speel baie lekker met die hond. Dis hoe jy jou diere grootmaak en leer. Maar jy is seker ‘n kenner, nê?

Dries du Toit ·

Ja Buffelbaard. Ek is n kenner. My hare staan regop as ek hoor wat jy vir my se. Ek belowe jou dat ek dit al n menigmal ervaar en gehoor het. Dan waarsku ek en nie lank daarna moet ek die haatlikste woorde in my woordeskat gebruik deur vir die mense te sê “I told you so” nadat n vreeslike tragedie plaas gevind het

Heksie ·

Hy’s dood so wie weet wat hy werklik in daai erf gemaak het … dalk gladnie so onskuldig soos wat ons dink nie.

Charmain ·

Dit maak nie saak watse honde of hoeveel jy het nie, as hulle ‘getrain’ is het jy wonderlike diere. As jy nog nie ‘n hond lief gehad het nie het jy nog nie liefde ervaar nie! Ek het op ‘n stadium 4 Rottweilers gehad wat my en my dogter alleen beskerm het terwyl my man weggewerk het. Hulle het my en my kind beskerm teen inbrekers en ek dank die Here vir hulle. Dink mooi voor julle mense oordeel. ‘n Hond, van enige ras, het ‘n rede hoekom hulle byt. Hulle byt nie net nie!! Net soos haaie in die see nie net aanval nie….

honourable member ·

Wel my tuinhulp werk al 10 jaar vir my en glo my, my hond kan hom maar net nie gewoond raak nie. Hy is geneig om te skop na haar en sy hou niks van hom nie en ek hou haar maar altyd in die huis as hy buite werk want anders sal sy hom verseker byt. Die punt wat ek wil maak is dat honde nie net uit die bloute sal aanval nie. Daar is maar altyd 2 kante aan n saak. Net jammer dat diere altyd uitgesit word as oplossing.

Jannie ·

Gebrekkige verslaggewing!!! Was hy wettig of onwettig op die perseel? Bly of werk hy daar?

jakes ·

Mense wat so baie honde aanhou moet baie ryk wees want honde is soos stofsuiers, eet heeltyd. Deesdae is honde nie meer n afskrikmiddel vir oortreders nie want dis maklik om diere te vergiftig. Ek het n klein brakkie wat my onmiddelik waarsku as iemand my erf binnekom. Dan gryp ek my kanon en ………

DALEEN ·

Sorry ou PIET maar ek nog altyd gese daar is iewers fout met mense wat nie lief is vir diere nie. Kry vir jou ou hondjie wat bietjie kleur in jou lewe kan bring! Dan sal jy ook nie heeldag na bure se honde hoef te luister nie

Adel ·

Vat so ou Piet!! Jy braak hier oor watse pes honed is, kry vir jou ñ hondjie en bondels liefde in jou lewe. Ons het self 3 vierbeen kinders in die huis en 2tjies buite en geniet hulle elke dag net al hoe meer!!!

Dankbaar dat ons liewe Heer ons so seen met diere om na om te sien xxx

Lalie ·

Honde val nie sommer aan nie. Wat het hy gedoen? Moet asseblief nie van die honde ontslae raak nie. Hulle het net hulle gebied beskerm.

George in Bloem ·

Ons het twee kwaai Boksers wat buite patrolleer en 2 Pikanese wat langs ons bed slaap on die huis en hulle is nou ons “kinders” want dis net ek en my vrou oor in die huis. Al die kinders werk al in is getroud en lankal uit die huis uit. Hulle terg ons gereeld en se ons bederf die honde te veel.Hierdie honde pas ons op en is baie erg oor ons so ek kry regtig die ou jammer wat ‘n ou kansie wil vat en oor ons heining spring en nie weer vinnig genoeg kan terug spring nie want hy sal nooit weer spring nie.

chantel ·

op die erf gebly en solank in die tuin gewerk hoekom nou hom byt?????

Sirkus ·

Piet, ek en my kinders verkies honde bo baie mense. ‘N dier is nie agterbaks en het net Liefde vir mense. Lees ook verskeie berigte mooi dan sal jy weet hy was die tuinier. Meeste van die eiendomme in Ruimsig/Poortview is baie groot. As mense nie ordentlike kommentaar kan lewer nie, weerhou dan jouself van enige kommentaar. ‘n Engelse gesegde lui “you can measure a man by the way he treats animals”.

Eli ·

ons het boerboel gehad. en hy is ook lief vir mense en almal… self vir ons tuinman en ewe skielik op n tyd het hy begin die tuinman grom en wil hom byt. ons kon dit nooit verstaan nie en moet altyd haar in huis sluit as tuinman ons tuin kom werk … ‘n jaar later het daai einste tuinman sy meisie se sus vermoor met wie hy verkrag het. die diere weet wat presies kan gebeur en wat sal gebeur. hul het die sintuie…

Santie ·

Honde sal hul eienaar beskerm. Nie noodwendig hul besittings nie. My een Duitse Herdershond het altyd tussen my en kuiermense geloop vooordeur toe. Dan waarsku ek om vining saam met my in die huis in te stap, waarna sy doodstil onder my stoel of bank gaan lê het. Rustig. Maar dan kry jy mos kuiermense wat nie luister as jy praat nie. Steek op die paadjie vas en gesles en beduie ….. ten spyte van die aanpor. Dis dan wat sy hulle so ‘n ligte “knypie” met die voortande gegee het. Nie stukkend nie, maar darm…. Ek is egter bang vir meer as een hond….. Dan kruip die oerinstinkte terug en hulle vorm ‘n “pack” en val aan. Maak nie saak of hulle jou ken nie. Mens weet nie hoe hulle koppe werk nie.

KAKtus ·

Seker weer daai pitbulls. Ai, kan mense nie van daardie honde onslae raak nie.

Piet ·

Ai, ek word nou darm erg verskeur op die artikel. Dis OK. Ek is n groot liedhebber van diere, netnie honde nie. Ek en my vrou is katmense. Van ons katte het ons al gewaarsku teen diewe en honde. Hulle grom so laag dat n dief of n hond buite hul nie sal hoor nie. Verder hou jy ook net hul body language dop. Hul kruip gewoontlik laag op hul pense as hulle iets vermoed.

n Hond is n slaaf vir mense. Sal enige toeerjies doen vir aandag.

Sus ·

Piet jy vergeet dieselfde Jesus wat jou so beskerm het die ” toertjie diere” ook geskape…
#sê net…

Piet ·

Sus, dieselfde Jesus het die kaananietse vrou herrinner dat hulle honde is en moet dankbaar wees vir enige genade. In openbaring word ook verwys dat enige iemand wat nie in die Koningkryk van ons Vader gaan wees nie, honde genoem word.

“Buite is die honde”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.