Man kritiek ná aanranding buite Pta-nagklub

Die toneel buite die nagklub in Eersterust waar 'n man op 2 Julie 2016 aangerand is (Foto: Netcare 911)

Die toneel buite die nagklub in Eersterust waar ‘n man op 2 Julie 2016 aangerand is (Foto: Netcare 911)

ʼn 41-jarige man is in ʼn kritieke toestand ná hy glo Saterdag in die vroeë oggendure buite ʼn nagklub in Pretoria aangerand is.

“Volgens berigte op die toneel is die man met ʼn groot klip aangerand,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Die klub is op die hoek van Hans Coverdale- en Spitfireweg in Eersterust, Pretoria geleë.

Die voorval het Saterdagoggend tussen 03:45 en 04:15 plaasgevind.

“Die man het kritieke beserings opgedoen. Paramedici het hom op die toneel gestabiliseer voor hy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hendrik Havenga ·

In my jong dae was dit slaap tyd, daai tyd is jy mos sterk

Pastoor ·

Ek verstaan ook nie nie daardie een nie. As jy 41 is dan slaap jy daai tyd. Die jonges hang nog uit

middie ·

Wat op dees aarde doen enige mens daardie tyd van die nag op enige ander plek as in jou bed!

Zelda ·

Sjoe ek glo die “klip” (rots….) kon groot skade aangerig het. Dit lyk of dit net so groot soos sy kop kon gewees het.

johann cb ·

Hierdie tipe aanranding kom nou meer voor. Sulke klubs behoort ook vasgestelde ure te hê. Daar broei meer onheil as goed uit. Ek vermaak myself eerder tuis, dankie!

Oom Kalahari ·

Magties man, jy is 41jr oud en hang nog uit by die tipe hole en daardie tyd van die oggend wat jy tuis moet wees by jou gesin. As jy ‘n goeie en sterk mediese fonds het, dan gaan kuier jy lekker by die tipe klubs waar vloeibare klippies in soliede klip verander en die slim manhaftige en sterkes ‘n besoek aan die ICU aflê as jy gelukkig is anders die langbome. Soos johann cb hier bo noem, die plekke broei meer onheil as wat dit goed is.

Nou toe nou. . . ·

Wat maak dit saak wat die man daar gedoen het? Hy is 41, nie 14 nie. Geen mens het die reg om ‘n ander so aan te rand nie.

Gerrie ·

Soos die mense sê: “Ooms van 40 moenie die jong goedjies gaan soek in die klubs nie en vloeibare Klippies word naderhand soliede rotse””

tw ·

Sies aan almal wat dit as n grap uitmaak. Iemand se lewe is hier op die spel. Geen wonder dinge gaan hier so erg aan nie, daar is geen respek vir enige een se welstand of lewe nie. Ek skaam my vir ons mensdom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.