Man kritiek ná aanval buite drankwinkel

Argieffoto: ER24

ʼn Man van Vereeniging in Gauteng is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdag buite ʼn drankwinkel aangerand en met ʼn mes gesteek is.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die voorval het in Eugene Maraisstraat gebeur.

Volgens Meiring is nooddienste deur omstanders ontbied. Hulle het die man net ná 13:00 onder ʼn boom in ʼn veld in die omgewing gevind.

“Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy verskeie steekwonde het. Hy was in ʼn kritieke toestand,” sê Meiring.

Die man is met lewensondersteunende middels behandel. Hy is daarna na die Baragwanath-hospitaal geneem vir dringende mediese sorg.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nie bekend nie. Die polisie het ʼn man ondervra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vee ·

Ek bly naby die bottel stoor en daar is nooit dronkies wat daar rond le nie. Mense gaan in, koop en ry weer.

MS ·

Jy praat mos nou snert, daar’s permanent mense wat sit en suip in die veld langs die gebou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.