Man kritiek ná aanval toe motor op hoofweg gaan staan

‘n Foto van die toneel (Foto: Verskaf)

ʼn 39-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy Woensdag op die N2 noord ná die M7-wisselaar in Durban aangeval is toe sy motor op die hoofweg gaan staan het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die man se motor het omstreeks 10:00 Woensdagoggend “weens meganiese probleme” langs die pad gaan staan.

Twee mans het hom glo ná ʼn geruime tyd genader, waarna hulle hom van sy selfoon wou beroof. Die man het die rowers egter teëgesit, en is daarna verskeie kere met ʼn mes gesteek.

Die rowers het probeer vlug, maar gemeenskapslede het daarin geslaag om een van die mans vas te trek. Niks is in die voorval gesteel nie.

ʼn 26-jarige man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Kyk wyer. Wat ek raaksien en interessant vind is ‘gemeenskapslede het hom vasgetrek’. Moet nie dìt mislees nie. Dit is verrassend en opkikkerende nuus. Ooops, soos gewoonlik word nie die ras genoem van die man wat aangeval en beroof is nie. Instinktief het ek gedink dit is blank maar gegewe rassesamestelling in die land is dit meer waarskynlik anders. Het nou net eintlik met julle gedeel waaraan ek gedink het terwyl ek dit gelees het.

Pikkie ·

Kyk op fb onder CICA crime intelligence and awareness. Dis n blanke man.

Cherokee ·

Dankie dat jy dit uitwys. Dit maak die eerste deel van my skrywe effektief. Verrassende nuus dat die omgewing se inwoners een van die rowers vasgetrek het.

al ·

Die kriminele skiet te maklik en steek te maklik mes. Miskien moet ons landsburgers hul ñ les leer…

John ·

En wat het hierdie voorval met apartheid of rassisme te make, absoluut niks. Struikrowery is so oud soos die berge en die storie van die barmhartige samaritaan bewys dit. Sleg was nog altyd met ons. Die beseerde man is gehelp. Die samaritaan het nie die rowers gaan soek en hulle op die skouer geklop en jammer gekry en nog geld aan hulle uitgedeel nie. Daar is genadiglik ook nog goeie mense oor in die wereld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.