Man kritiek ná bakkie trop skape tref

Die bakkie se wrak. Foto: Netcare 911

Die bakkie se wrak. Foto: Netcare 911

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy bakkie Donderdagoggend in ʼn trop skape naby Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, ingeploeg het.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 06:15 op die R25-pad plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel het die bakkie in die skape ingery, waarna dit omgeslaan en gerol het,” het Mathe gesê. Die bakkie het in die veld langs die pad tot stilstand gekom.

Met paramedici se aankoms is die man in ʼn kritieke toestand aangetref. Drie skape is doodgery.

Die man is met ʼn helikopter van Netcare 911 na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem vir verdere behandeling.

Die ongeluk word ondersoek.

Die man moes met 'n helikopter na 'n hospitaal in Johannesburg geneem word. Foto: Netcare 911

Die man moes met ‘n helikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg geneem word. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

E ·

Waar is die lyndrade vandag! Bly in kzn en glo my die hoofpaaie word nou deur vee ook gebruik.
Jammer vir die bestuurder.

Dee ·

Jammer vir die skape ook. Dikwels verminder bestuurders nie spoed wanneer vee (binne sig) langs die pad wei nie.
Ek het op die N3 stil gehou en ‘n trop skape terug gejaag deur ‘n oop hek waar hulle uitgestap het. Daar was baie verkeer en baie skape. Die enigste bestuurder wat stil gehou het en my gehelp het daarmee was diè van ‘n groot vragmotor. Res van die mense het deur die skape gekronkel en na my gekyk asof dit my skape is – seker hèt hulle so gedink. ‘n Veewagter het toe nader gehardloop ‘n hulle terug gejaag en die hek toegemaak. Al die skape en karre het heel gebly.

Koos1 ·

Is die eienaar van die skape aangekla? Volgens wet moet dit gedoen word.

Elize C ·

Dieselfde gebeur daagliks op die Rosslyn-pad in die noorde van Pretoria. Daar is elke dag ‘n trop beeste wat deur slegs een bees-wagter aangejaag word van die weiveld waar hulle die dag gewei het, terug na hulle kraal, ongeveer 3km. Hulle loop in ‘n ry van ongeveer 1km lank. Hulle bly nogal mooi in lyn so 5 meter van die teerpad af soos wat hulle aan-draf, kalfies ook. Maar ja, soms wil een nou hoeka oor die pad na die anderkant, en dan volg ‘n paar hom soms, en is hulle reeds halfpad oor die pad voor die wagter by hulle uitkom om terug te jaag of te keer. Ek het ook al gewag vir ‘n hengse ongeluk om te gebeur wanneer ‘n onverskillige/onoplettende bestuurder ‘n ry stadig-bewegende voertuie WIL verbysteek, ondanks die ry karre se flikkerende nood-ligte, en dan ten hemele moet rem en uitswaai wanneer hy reg tussen die beeste beland. Die eienaars moet besef slegs een wagter is hopeloos te min om soveel vee in toom te hou reg langs ‘n besige pad. As ek of een van my familie in ‘n ongeluk beland agv vee wat langs so besige pad loop met onvoldoende toesig, sal ek die eienaar beslis verantwoordelik hou vir alle skade aan my voertuig sowel as vir alle en enige mediese onkostes, en/of laat aankla van minstens strafbare manslag ingeval van ‘n persoon in so voertuig se dood, want hy moes kon voorsien dat sy vee gevaar kan inhou vir verbygaande voertuie.

MM ·

Die een wie se skape dit is, is ook nou dood , maar ek stem saam dat bestuurders nie spoed verminder as die vee langs die pad nie. Ek ry elke dag die N14 tussen Pta en Krugersdorp en kry ook boerbokke soms langs die pad en dan moet jy maar stadiger ry, want jy weet nie wat die bokke gaan doen nie.

giel ·

Julle sal dit nie glo. Net vanoggend ry da n bakkie voor my. Ek gaan hom verby en daar sien ek n skaap bestuur die bakkie. Niemand sal my seker glo, ma dis die waarheid.

Jan maak n Plan ·

Geen drade langs die paaie word meer instand gehou deur die paaie administrasie nie. Hulle sit die heel dag in die koelte in die padkamp en doen absoluut niks. So teen twee uur loop hulle huis toe. In Noordwes buite elke dorp loop daar los vee in die pad. Dis te lekker in Suid Zimbabwe.

Dee ·

Jy dink nie dat dit die boere se werk is nie? Of ten minste gesamentlik.

linda ·

Dee, die boere se plase het lyndrade en hekke, dit is nou die boere wie se ysterpale nie afgesteel word en nog nie herstel is nie. Dit is die informele nedersetters wat woon en “boer” waar hulle wil wie skape, beeste, honde en kinders in die pad speel.

Wat-ek-lees ·

Ten minste drie veewagters nodig om vee oor die pad te jaag: aan weerskante een om aankomende verkeer te waarsku MET ROOI VLAE (wat gewoonlik nie so is) en een wat die vee aanjaag.
Natuurlik gebeur dit nie so !!!

Honeybunch ·

Ons bly in Heidelberg en ry elke dag van Benoni af huistoe, ons kom daagliks op vee af daar is altyd 4 wagters as die vee oor die straat gaan dan hardloop die eenwagter met rooi vlag en and wagter met rooivlag en stop verkeer ander 2 jag vee oor pad.

Rakend die foto….. is dit n hond wat agter bakkie le by exhaust?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.