Man kritiek ná Brooklyn Mall-skietery

Die toneel. Foto: @Rustio/Twitter

Die toneel. Foto: @Rustio/Twitter

ʼn Man veg om sy lewe nadat hy Donderdag in die Brooklyn Mall geskiet is ná drie verdagtes ʼn winkel beroof het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê twee van die verdagtes het die winkel binnegestap en vuurwapens uitgepluk terwyl die ander verdagte buite wag gehou het.

Maroela Media verneem dit is The Scoin Shop, ’n maatskappy wat spesialiseer in die koop en verkoop van munte, wat beroof is.

Volgens ʼn werknemer van The Scoin Shop het die verdagtes met kontant en ʼn groot hoeveelheid munte gevlug.

Buite die Brooklyn Mall. Foto: @TFBSocial/Twitter

Buite die Brooklyn Mall. Foto: @TFBSocial/Twitter

Makhubele het gesê ʼn lid van die publiek wat gewapen was, het die rowers probeer voorkeer. “Hy is in die proses geskiet en sy vuurwapen is gesteel.”

Volgens Makhubele het die rowers gevlug en is niemand nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof en poging tot moord.

Volgens Emer-G-Med-ambulansdienste was die man in ʼn kritieke toestand en is hy op die toneel gestabiliseer voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Theresa B ·

En dit word al hoe makliker om te roof. En hulle word al hoe meer arroganter. Maar dis mos lekker in die nuwe Suid-Afrika. Hier maak hulle net soos hulle wil.

Hartseer ·

Ek’t net vandag verby ‘n plek gery toe dink ek, “daar kan ek ‘n lekker winkel oopmaak!” Die automatiese opvolg gedagte was, “nee, daar sal hulle inbreek”. Toe ek besef het sulke gedagtes het baie normaal geword was ek ewe skielik baie hartseer.

Johann ·

Jip… en wanneer en AS die “rowers” gevang word, kry hulle of borgtog om verder te roof en verwoes, of n simpatieke oor want hoe dan mou? Hulle het nie gehad nie en iemand anders het, so dan kan jy vat.

Takkie Takuuza ·

As die man die rowers plat geskiet het sou hy geloof geword het, maar nou sal hy seker verguis word oor hy sy lewe gewaag het.

JR ·

Sterkte aan die man wat sy lewe gewaag het om ‘n verskil te maak. Bid jou ‘n spoedige herstel toe.

JC ·

Ek stem saam JR sterkte aan hom! Hy’s ‘n hedendaagse Suid-Afrikaanse held!!

charmaine ·

In S.A sal die dapper man aangekla word en die rowers gaan spandeer wat hulle gesteel het! Hoop hy word gou gesond en dat hy n medalje sal kry vir sy dapperheid.En ja die goed raak al hoe meer arrogant, hulle het die ding mooi beplan en dal insight information gekry.

Dan ·

Ja Charmaine jy is reg. Die vraag wat altyd in die lug hang met rooftogte soos hierdie, is waar was die kamstige sekuriteitsbeamptes? Hoekom het hul nie die rowers aangekeer nie? Keer op keer is daar sulke rooftogte by winkelsentrums en keer op keer kom die rowers weg. Hierdie vraag hang altyd in die lug en geen antwoord word ooit gegee nie. Lyk my die storie van die “sekuriteit” is net ‘n geldmaak -en “nice job” storie.

Hasie ·

Jammer dat die man die rowers probeer stop het. Jy moet dit nooit doen nie, want jy stel net jou eie lewe in gevaar en dit is dit nie werd nie.

Jan ·

Natuurlik is dit gevaarlik om teen misdadigers op te staan, maar as almal te bang is om iets te doen hoe gaan dinge ooit regkom?

Clyde ·

Kan nie wees nie…….daai is dan ń ” gun free zone “

Yvonne ·

Dan kan die roof ook nie waar wees nie, dis dan ‘n “gun-free zone”…

Liza ·

Dit is slegs “gun free” vir wetgehoorsame burgers…. Sterkte aan die gewonde man, hoop jy herstel gou.

Karma ·

Sterkte aan die man wat braaf -genoeg die rowery wou stop. Ek hoop u maak ‘n volle herstel gou. Dit maak mens egter hartseer om te dink dat die persoon wat ‘n misdaad wou voorkom, se lewe nou op die spel is. Dit is waarom ek nie ‘n vuurwapen aanhou nie – die wete dat hulle my 10/1 met my eie vuurwapen gaan skiet. Nou is die man nog seker in die bollie oor sy vuurwapen gesteel is: nóg ‘n eens-wettige vuurwapen daar buite wat in die verkeerde hande gekom het, wat weer gebruik gaan word in net nóg ‘n misdaad. “But we have a good story to tell ….” adus mnr. Zuma en sy ANC-kaders.

Hennie ·

Karma – vuurwapens is soos enige ander tegnologie, jy moet dit deeglik baasraak om dit reg te kan gebruik, maar uiteraard is daar geen waarborge in ‘n skietgeveg nie. Ek glo wel dat vuurwapens in die regte hande ons veiliger maak, en dat hulle meer hartseer keer as wat hulle veroorsaak. Google gerus ‘guns saves lives’ – jy mag dalk verbaas wees. Hou ingedagte dat ons nie noodwendig in die media hoor van al die ‘amper’ moorde waar vuurwapens gebruik was om lewens te red nie, helaas is dit nie nuuswaardig genoeg as mense nie seerkry nie.

Piet Snot ·

Hennie, jy’s reg – die enigste ding wat ‘n rower stop, is die wete dat hy gaan seerkry.
Om dit te vertaal: die waarskynlikheid dat iemand hom gaan skiet as hy roof.

Irene ·

Ja na 1994 het baie van hul vuurwapens besit wonder net hoekom

Dewald ·

Maroela nuus, het julle al enige terugvoering gekry van Nicholas Combrink, 53 jaar oud wat in n ongeluk was en deur SAPD lede uit sy voertuig geruk is en agter in n vangwa gegooi is?

Ek ·

Net rowers en moordenaars mag vuurwapens besit in SA. Geen landsburger met ‘n geldige lisensie mag vuurwaoen besit nie.

Lance ·

Ek eet my hoed as die polisie iemand opspoor ….hulle is tog SO pateties !

nic ·

Dis hoogtyd dat n referendum gehou word vir die terugbring van doodstraf

John ·

Onthou hoe almal voor 1994 deursoek is vir vuurwapens by winkelsentrums agv terrorisme deur onderdruktes en die regering van De Klerk geglo het, verandering sal rus en vrede bring… ja, rus en vrede is nou hier…

Esmay ·

Ja John.soos jy sè ek het “Nee” gestem want ek het geweet mens kan nie n kommunus glo nie…!!!!

tw ·

Hoekom is daar nie metaal verklikkers by elke ingang van n winkelsentrum nie? As daar dan boonop behoorlike opgeleide sekuriteits magte by die INGANGE is, soveel te beter, n offisier hier en daar in n winkel sentrum is NIE effektief nie. Moenie vir my se behoorlike maatreels is te duur nie, hierdie sentrums maak miljoene, en hoeveel skade en verlies aan mense lewens kan voorkom word. Die bietjie ongerief om deur die klikker te moet stap vir n veiliger sentrum, is absoluut die moeite werd.

Tanya du Toit ·

Ek was daar gewees gister op die roltrap het met ‘n paar sekondes die koeel vrygespring. Dit was insane gewees. Ek sou graag wil he dat Maroela Media ‘n onderhoud voer met die bestuur van Brooklyn Mall. Wat doen hulle om die wat daar was te help met trauma behandeling? Wat is die wagte se werk tydens so voorval. Ek het ‘n ou oom en tannie probeer help om by hul motor te kom, daar was paar tree van ons af weg ‘n sekuriteitswag gewees en hy het hulle nie gehelp nie. Ek het geskree “help them, they are shooting inside” – maar niks. Toe ons by die booms kom om uit te gaan het die van ons wat kon wegkom die mense wat wou inkom gestop. Daar was geen sekuriteit by die booms nie. Jy moes nog steeds jou kaartjie in die parkeermeter sit sodat die boom kan oopmaak. Ek sou die boom afgery het, as daar nie iemand voor my was nie. Niemand is veronderstel om met wapens in ‘n winkel sentrum rond te loop nie. Daar is altyd onskuldige mense wat seerkry. NIKS VAN HIERDIE IS VERONDERSTEL OM TE GEBEUR NIE. Dis net eenvoudig verkeerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.