Man kritiek ná buffel hom stormloop

Paramedici vervoer ‘n plaaswerker wat deur ‘n buffel gestormloop is, na die hospitaal. (Foto: Netcare911)

ʼn 29-jarige man is Maandag ernstig beseer toe hy deur ʼn buffel op ʼn plaas by Hekpoort in Gauteng aangeval is.

Die nooddiens Netcare911 het Maandagoggend gereageer op ʼn noodoproep vanaf ʼn wildsplaas in die omgewing van Magaliesburg.

“Inligting vanaf die toneel dui daarop dat ʼn 29-jarige man, wat op die betrokke plaas werk, langs ʼn grensdraad geloop het toe hy deur ʼn buffel gekonfronteer is. Die buffel het hom bestorm en die man probeer vergruis,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Die man het ernstige beserings reg oor sy lyf opgedoen en is op die toneel behandel, waarna hy per helikopter na ʼn spesialishospitaal vervoer is om die nodige behandeling te ontvang.

Maroela Media sal verdere inligting publiseer soos dit aan die lig kom.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Het hy binne die grensdraad by die buffel geloop of aan die buitekant?

Casper ·

Ongeag waar hy geloop het ‘n buffel is nie ou ryperd nie en gaan jou konfronteer.

Pieter J ·

Om een of ander rede is buffels en seekoeie altyd moerderig en moet ń mens maar altyd in jou pasoppens wees vir hulle. Dit is nie ń kwessie van van of hulle jou gaan aanval nie maar wel wanneer.

Hannelie ·

Buffel word nie verniet as een van die wêreld se mees gevaarlikste diere gesien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.