Man kritiek ná bus teen motor bots

Die bus het die motor van agter getref. (Foto: Arrive Alive/Twitter)

’n Man is Maandag in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal in die Vrystaat opgeneem nadat ’n bus in die vroeë oggendure van agter teen sy motor gebots het.

Die motor het sowat 40 km noord van Bloemfontein in die noodbaan gestaan toe dit getref is.

Arrive Alive sê die nooddiens is omstreeks 01:00 na die ongelukstoneel ontbied. Die bestuurder van die motor was met nood-en-reddingswerkers se aankoms in die motorwrak vasgekeer.

Die man is met meganiese toerusting uit die wrak bevry voordat hy na ’n staatshospitaal in Bloemfontein vir verdere mediese behandeling geneem is.

Die bestuurder van die bus het ongedeerd daarvan afgekom en het op die toneel aangedui dat hy nie mediese behandeling nodig het nie.

Die bus het die motor van agter getref. (Foto: Arrive Alive/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Thelsa ·

Wat was die noodsituasie dat die bus in die noodbaan moes ry ????

Nico ·

Die bestuurder van die bus is verantwoordelik vir die man se en die skade aan sy motor, dit is weereens ‘n bewys hou jou volg afstand, deesdae ry die motoriste op jou kar se gat.

Rina ·

Die kar het stilgestaan so volgafstand was nie hier ter sprake nie maar wat soek die bus in die noodlaan, hy is 100% verkeerd

Ou bees ·

Nr een die bus moes nie in die noodbaan gery het nie.
En tweedens die busse jaag soos besetendes dit is ook hoekom hulle nie betyds kan stop nie.

Anel ·

Wat verstaan die busbestuurde nie van “Noodbaan” nie? Maar hulle bestuur mos soos besetenes!!

Marius ·

Die busdrywer se lisensie moet opgeskort word. Hy moet nooit weer agter enige voertuig se stuurwiel inklim nie.

Swerwer ·

Aanklokreël is mos net vir wets gehoorsame burgers ingestel.
Wat soek die bus in die noodbaan langs die pad as hy besig was om te ry en
gesien het daar is ‘n stilstaande motor in die noodbaan. Onaanvaarbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.