’n Man is Maandag in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal in die Vrystaat opgeneem nadat ’n bus in die vroeë oggendure van agter teen sy motor gebots het.
Die motor het sowat 40 km noord van Bloemfontein in die noodbaan gestaan toe dit getref is.
Arrive Alive sê die nooddiens is omstreeks 01:00 na die ongelukstoneel ontbied. Die bestuurder van die motor was met nood-en-reddingswerkers se aankoms in die motorwrak vasgekeer.
Die man is met meganiese toerusting uit die wrak bevry voordat hy na ’n staatshospitaal in Bloemfontein vir verdere mediese behandeling geneem is.
Die bestuurder van die bus het ongedeerd daarvan afgekom en het op die toneel aangedui dat hy nie mediese behandeling nodig het nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Wat was die noodsituasie dat die bus in die noodbaan moes ry ????
Is daar nie meer ‘n aandklokreël nie?
Die bestuurder van die bus is verantwoordelik vir die man se en die skade aan sy motor, dit is weereens ‘n bewys hou jou volg afstand, deesdae ry die motoriste op jou kar se gat.
Nr een die bus moes nie in die noodbaan gery het nie.
En tweedens die busse jaag soos besetendes dit is ook hoekom hulle nie betyds kan stop nie.
Wat verstaan die busbestuurde nie van “Noodbaan” nie? Maar hulle bestuur mos soos besetenes!!