Man kritiek ná Centurion-huisbrand

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn 57-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het in ʼn huisbrand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die brand by die huis in ʼn landgoed in Kosmosdal in die suide van Centurion het glo ontstaan nadat ʼn gasverwarmer ontplof het.

Volgens Meiring was die huis reeds in ligte laaie toe paramedici van ER24, brandbestryders en beamptes van Orange Fox Security op die toneel aangekom het. “Die man het ernstige brandwonde aan sy gesig en bors opgedoen. Hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn private hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.”

Meiring het gesê die man se vrou en twee kinders is nie in die brand beseer nie. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

WL ·

Vreeslik. Ek kan net aanneem hy is beseer terwyl hy sy vrou en kinders uit die huis probeer kry het. Baie sterkte vir hom.

Buitestaander ·

Baie troumaties om so brandwonde op te doen.
Hoop die gesin herstel wonderbaarlik van die wonde. Dit is beslis nie aangenaam om in die koue met brand wonde te worstel nie.
Nou is die woning ook nog afgebrand. My empatie met die gesin se verlies aan die wooning. Om al die warm goed so vinnig te verloor in die koue!

Willie ·

Dis baie tragies. Mense besef nie altyd hoe belangrik n brandblusser is nie. Of n klein brandblusser om die begin van die brand te stuit nie… as mens rond harloop om iets te soek om die brand te blus, is die verspreiding reeds groot.

Gesiggie ·

Met die Winter en koue weer is daar niks meer lekker snoesig as n heater, maar ook so gevaarlik… mense moet versigtig wees as hul van dit gebruik maak veral gas heaters.. Sterkte aan die man wat so ernstig verbrand het, mag jy gou herstel, jammer vir al die verlies..

Lindi ·

Ek haat enige iets met gas!!! My eerste man oorlede na gasgeyser ontploffing. Dit is regtig iets aakligs!! Baie sterkte aan hierdie man en sy familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.