ʼn Man is Donderdagmiddag in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy tydens ʼn elektriese skok brandwonde oor sy hele liggaam opgedoen het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 12:50 na die toneel in La Lucia by Umhlanga aan die KwaZulu-Natalse kus ontbied.
“Volgens inligting van die toneel het die man 100% brandwonde oor sy hele liggaam opgedoen nadat hy met ʼn elektriese transformator in aanraking gekom het. Hy is op die toneel vir kritieke beserings behandel,” het Herbst gesê.
Volgens Crisis Medical, wie se paramedici ook op die toneel was, is die man moontlik ‘n boemelaar wat skuiling in ‘n substasie gesoek het toe die voorval gebeur het. Hy is na die Addington-hospitaal in Durban geneem.
Die toneel is deur die owerhede afgesper om die voorval te ondersoek.
Niu wat soek die man by n elektriese transformator. Seker koper draad.
Hitte en skuiling
“Dom kry soos wat Dom doen” – nietemin, eish! Dit moet baie eina wees.