Man kritiek ná hartaanval op motorfiets

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritieke maar stabiele toestand nadat hy Woensdag in Roodepoort, Gauteng, van sy motorfiets afgeval het toe hy ʼn hartaanval gekry het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die man het by die kruising van Weslake- en Captainstraat van sy motorfiets afgeval.

“Die motorfietsryer is aan die kant van die pad gevind,” het hy gesê. “Die man is gelukkig nie beseer toe hy geval het nie, maar hy het geen tekens van lewe getoon nie. Paramedici het vir 15 minute kardio­­-pulminêre resussitasie toegepas tot die man weer ʼn pols gehad het.”

Hy is daarna met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming. Dit is nie bekend hoe oud die man is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veronica Deacon ·

Dankie aan die paramedici en baie sterkte en spoedige herstel aan die motorfietsryer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.