Man kritiek ná hond hom aanval

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Man, vermoedelik in sy 70’s, is Maandag deur ʼn hond in Tongaat, KwaZulu-Natal, verskeur.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 11:00 by ʼn huis in Saunderssirkel plaasgevind.

“Die man het die mense by die huis besoek toe hy deur hul hond aangeval is. Die hond het die man aan die arm gebyt en grond toe geruk, waarna die hond weefsel uit die man se gesig gebyt het,” het Botha gesê.

Hy het gesê die man het kritieke beserings opgedoen. Paramedici het onverpoosd gewerk om die man op die toneel te stabiliseer. Hy is op ʼn ventilator geplaas waarna hy na ʼn hospitaal in Durban geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Adri ·

Nuttelose inligting. Te min besonderhede. Ek het ook nuus: ‘n vrou het vandag ‘n baba ryker geword. Regtig!

cor ·

regtig en jy is seker die pa en ons stel nie belang in jou aanwas nuus nie.

Onnie ·

Ek stem saam mt Adri. Wa vo moet ek dai besig as nuuswaardig beskou as dt geen werklike inligting bevat ni. En more lees ons wee di man was ni 70 maar 35. Of wag, more is dt dalk ni eers meer n man ni.

AL ·

Sterkte aan die man. Ek hoop hy herstel na die trauma.
Na aanleiding van bogenoemde kommentare het party ñ moeilike Maandag agter die blad.

Cherokee ·

Dankie AL, dat jy ‘n ‘n glimlag bring na al die moeilike Maandag kommentare.

Julene ·

Nou gaan al wat ‘n skelm is, sê dat hulle net ‘n huis besoek het, toe val ‘n hond hulle aan… Dis baie jammer dat so ou man deur so verskriklike ervaring moet gaan, maar mens kan nie meer in enigiemand se erf ingaan sonder die eienaars se teenwoordigheid nie, mens weet nooit watse kwaai honde hulle aanhou om hulself te beskerm in ons gevaarlike land nie. Hy moes hulle eintlik net eers laat weet het dat hy oppad is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.