Man kritiek ná hy boom snoei

(Argieffoto: ER24)

ʼn Man is Woensdagmiddag kritiek beseer toe ʼn groot tak op sy been geval en hom byna verpletter het. Hy was glo besig om ʼn boom by sy huis in Rustenburg in Noordwes te snoei.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is die middag omstreeks 12:45 na die man se huis ontbied. Brandweerdienste en ander privaat nooddienste was reeds op die toneel.

Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man, wat in sy 30’s is, in ʼn groot boom gevind. ʼn Groot tak, wat die man glo aan’t snoei was, het op sy been geval. Sonder hulp sou die tak sy been verpletter het.

Meiring sê paramedici en die brandweerdienste het gespesialiseerde toerusting gebruik om die tak van die man se been te verwyder. Nadat hulle die man se been onder die tak uitgekry het, het hulle die man af grond toe geneem.

Paramedici het die man op die toneel behandel. Hy is in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem vir verdere mediese behandeling.

Plaaslike polisie was op die toneel om nadere ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annelize ·

Het fotos van die reddingspoging gesien. Dit was regtig ‘n bitter groot boom, en ‘n bitter groot tak gewees wat op die man se been te lande gekom het. Die man het inderdaad baie seer gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.