Man kritiek na hy by berg afry

Die man het op 10 April 2015 met sy motor by Monkey Mountain afgery buite Fochville in Gauteng Foto: ER24

Die man het op 10 April 2015 met sy motor by Monkey Mountain afgery buite Fochville in Gauteng Foto: ER24

ʼn 28-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagmiddag met sy motor by Monkey Mountain afgery het, sowat 8 km buite Fochville in Gauteng.

“Die motor het teen bome en ʼn paar klippe tot stilstand gekom,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy was nog in die motor vasgekeer.”

Reddingsdienste moes die voertuig stabiliseer terwyl paramedici die man uitgehaal het. “Hy is met die ER24-helikopter na die Baragwanath-hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling,” het Meiring bygevoeg.

Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.