Man kritiek ná hy deur dak val

Die helikopter wat die man na ‘n hospitaal vervoer het. (Foto: ER24)

ʼn Man is Saterdagoggend ernstig beseer toe hy deur ʼn dak op ʼn plaas naby die N14 buite Johannesburg geval het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het in ʼn verklaring gesê paramedici is omstreeks 10:04 na ʼn plaas in die omgewing van Brandvlei ontbied waar hulle met hul aankoms op die toneel ʼn man op die grond aangetref het.

Die man, vermoedelik in sy 50’s, is ernstig beseer toe hy tussen agt en tien meter grond toe geval het. Sy medewerkers het hom stilgehou tot die paramedici opgedaag het.

Volgens Campbell is die man op die toneel behandel voordat hy per helikopter na ʼn private hospitaal gevlieg is.

Die besonderhede van die voorval is in dié stadium onduidelik.

Die polisie en die verkeersdepartement was op die toneel om ondersoek in te stel en ook die helikopter se landing op die snelweg te fasiliteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae