Man kritiek ná hy deur dak val

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn 25-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy omtrent 30 m ver geval het deur ʼn dak van ʼn sakegebou in Vanderbijlpark.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die pasiënt op die vloer gelê omring deur sy kollegas. Hy het ernstige beserings aan sy bene, bekken, arms en rug opgedoen.

Volgens Meiring is die man op die toneel behandel voor hy na die Mediclinic Emphuleni vervoer is vir verdere behandeling. Die man is later per helikopter na ʼn private hospitaal in Johannesburg oorgeplaas. Die presiese oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Nota aan myself: Spiderman is ‘n slegte invloed op my veral nou dat ek ouer word.

Se Maar Net ·

Ouderdom is nie mens se speelmaat nie. Hulle se mos dit is nie vir sussies nie.
Maar hel niemand spring dit vry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.