Man kritiek ná hy kind glo doodry

Hospitaal_wagkamer_vuurvreters_pixabay-2.jpg

Foto: pixabay.com

ʼn 34-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy na bewering ʼn vierjarige meisie in Limpopo doodgery het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het Vrydag gesê die voorval het Donderdag omstreeks 17:30 op die hoek van Madiba- en Mahlakanengstraat in Madibapark in Polokwane plaasgevind.

“Paramedici is na ʼn baie ernstige ongeluk ontbied nadat die bestuurder van ʼn minibustaxi glo die meisie raakgery het. Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die bestuurder tussen ʼn groep ontstoke inwoners aangetref.”

Dollman het gesê die groep het glo die reg in eie hande geneem en was besig om die man aan te rand en met klippe te gooi.

“Paramadici het bystand en hulp van die polisie ontbied. Die meisie is ondersoek, maar sy was reeds weens verskeie beserings dood.”

Dit was aanvanklik te gevaarlik vir paramedici om by die taxibestuurder uit te kom, maar toe die groep begin om uit mekaar te beweeg kon hulle hom behandel. Hy het erge hoofbeserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Alida ·

Wie moet in hegtenis geneem word? Die bestuurder van die taxi is mos in die hospitaal en daar was ooggetuies.

Gesie ·

Ons het al baie keer gery dan hardloop daar skielik n kind in die pad in.

kollie ·

Beslis, baie onvoorspelbaar. Hardloop makilik voor ‘n kar in, het al met my ook gebeur.

Swartkat ·

Soos wat die taxi bestuurders ry is dit nie ‘n wonder dat daar mie meer mense en kinders dood gery word nie. Die taxi’r ry soos hulle wil en daar is heen beheer oor hulle nie. Goed dat die publiek opstaan teen hierdie swak bestuurders want verkeer en die polisie is nie opgewasse nie.

Ssssss ·

Hoekom het die ouer van die kind nie na die kind gekyk nie ja dis baie tragies en hartseer. Maar n 4JARIGE KIND . IN DIE STATE . Dis nie altyd die beatuurders se skuld nie waar was daai ouer

snoefie ·

ag komaan julle spul fariseers. is die taxidrywer, tipiese verontagsamer van die wet nou so wit soos sneeu omdat die gemeenskap hom opgedons het? sou die gemeenskapsdiens hom aangerand het as hy soos n wetsgehoorsame burger gery het? maar die ouers was nieonskuldig nie. hulle weet mos how die taxies jaag. kla hulle aan van kinderverwaarlosing of stuur die gemeenskapsdiens om hulle reg te sien.

Willem Bronkhorst ·

Is dit “bykom” in jou wêreld? En jy vind dit “awesome”? Siek.

LMF ·

Ek kon n ander prentjie hier teken maar dan gaan MM weer nie comments plaas nie kom ek sê net. Altwee partye skuldig hier

Amanda Wait ·

Ja Willem, totdat mob “justice” oor “Awesome” se pad kom. ?

Hsn ·

Dit is deesdae by baie mense die mode om Afrikaans met Engelse woorde te deurspek, wat volgens hulle meer trefkrag het. As ek die woord “awesome” sien kan ek GIL! Besluit tog om óf Engels, óf Afrikaans te praat! Om so deurmekaar te praat is platvloers.

Etienne ·

Hsn, “Awesome” is slegs ‘n afkorting van awesomerowend, dit werk nogal.

Proefvlug ·

Dit is hartseer dat n 4 jarige haar lewe verloor het agv motor ongeluk. Die nalatigheid en verantwoordelikheid sal seker nog bepaal word… of sal dit?

Ek wonder of ons regering sal inlees dat mense reg in hulle eie hande neem (reg of verkeerd) omdat die vertroue in polisie en regstelsel ons land se mense teleurstel.

Dit kan sekerlik nie n opsie wees (om reg in eie hande te neem) as die polisie bekwaam daar opdaag, dadelik verklarings afneem en arrestasies maak… wat die ouers , geliefdes, en omstanders gemoedsrus gee die bekwame geregsdienaars (polisie en howe) verwyder so persoon uit samelewing. Dit sal die behoefte blus om reg in eie hande te neem…..

Met geen intensie van rassediskriminasie nie… Daar kan met sekerheid aangeneem word die taxi bestuurder is nie-blank. Reg? So as die voorval gebeur het en blankes het hom toe getakel was dit dan rassisme.? Of mob justice? ..en dit is reg?? want opgevoede mense doen mos nie sulke dinge nie… opgevoede mense soos in die geval kan egter ook buitbeheer raak en uit moedeloosheid impulsief optree, al is dit verkeerd. En is dit dan “regtig” verkeerd?

Tokkie ·

Die taxibestuurders laat my ook daagliks voel om na klippe te gryp.

Domvraag ·

Ons almal weet dat meeste taxibestuurders indien nie almal geen respek het vir padreëls nie en ry net soos hul wil omdat ons regering dit toelaat. As die regering strenger teen taxis optree sal mob justice nie gebeur. So jammer dat n kind gesterf het.

Ilse Jooste ·

Phillip dis ‘reg ineie hande neem’ nie ‘gereg’ nie

Phillip ·

Dagsê Ilse

Dankie vir jou valkoog. Die berig is reeds gewysig.

Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Yolani ·

Dis tragies, dit kan die bestuurder se skuld wees maar kinders en volwassenes hardloop ook sommer oor paaie en voor motors in, en die bestuurder gaan dalk nie kan sê wat gebeur het nie. Nie na die aanranding nie. Die inwoners moet ook in hegtenis geneem word vir aanranding en poging tot moord. Die KFC ouens word dan sommer van poging tot moord aangekla.

Buksie ·

N 4 jarige kind verloor haar lewe, dis tragies, dan word die bestuurder erg aangerand deur mense, n uiterse tragedie word net vererger deur mense wat meer en meer van hierdie onaanvaarbare gedrag en houding van vernietiging sindroom, ons brand en vernietig as ons nie ons sin kry nie, dink ek word darem te erg, wat word van selfbeheersing en disipline, maar dan sal iemand seker se ek is n rasis en kannie spel,

J ·

Ssss ….ek stem volkome saam met jou….waars die ouer!!! Die reg MOET ouers baie MEER begin SWAAR straf as hul nie hul OUERLIKE PLIG na kom nie.

Red eerder ons kinders teen spoed ·

Aan die ander kant, ek bly oorkant n kleuterskool in n “goeie” area met n spoed beperking van 40kmh en die spoed waarteen mense verby die skool jaag is asemrowend. Self al is daar ouers met kinders in die pad. Ek het self klein kinders en al pas jy hulle hoe goed op gebeur dit dat hulle soms skielik oor die pad wil hardloop of dalk die hek se remote aan die hande kry. As iemand my kind doodry sal ek dalk die grootste klippe gooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.