’n 24-jarige man is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Donderdagoggend uit ’n woonstelblok in Umhlanga, Durban, geval het.
Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici omstreeks 09:26 na die woonstelblok in Lagoonweg, Umhlanga, ontbied.
“Volgens inligting het die man van die vierde verdieping geval en op ’n sementvloer beland,” sê Herbst.
“Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man in ’n kritieke toestand aangetref.”
Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans hospitaal toe gehaas is.
“Die omstandighede rakende die voorval word ondersoek.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Ek wonder, as daar nie drank betrokke nie en hy was alleen, dan kan jy maar of self moord poging of dan poging tot moord ondersoek.
Selmoord poging. Jy val nie sommer uit nie
Hoog gevlieg.