Man kritiek ná hy van balkon val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy van die balkon van ʼn gewilde hotel in Riverside, Durban, geval het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het gesê die 32-jarige man het kort ná middernag van ʼn balkon op die tweede verdieping geval. Die man het deur ʼn dakvenster geval en daarna op die balkon van ʼn restaurant beland.

“Hy was in ʼn kritieke toestand. Hy is eers op die toneel gestabiliseer waarna hy op ʼn spesiale draagbaar geplaas is. Die man het vermoedelik rugbeserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Volgens Van Reenen is niemand anders tydens die voorval beseer nie. Dit is nog nie duidelik wat veroorsaak het dat die man geval het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.