Man kritiek ná hy van leer val

Argieffoto

’n Man, vermoedelik in sy 50’s, is ernstig beseer toe hy in ’n fabriek van ʼn leer afgetuimel het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Sondag by ʼn fabriek in Vanderbijlpark plaasgevind.

Paramedici het om 14:00 by die toneel opgedaag en die man aangetref waar hy gesit-lê het in ’n stoel. Die man se kollegas het hom glo tot in die stoel gedra.

“Na bewering het die man gegly en sowat twee meter ver van die leer afgeval. Hy het ’n ernstige kopbesering opgedoen,” het Meiring gesê.

Die man is op die toneel behandel en daarna per helikopter na ʼn private hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Raad ·

Dis ‘n ongeluk wat maklik gebeur. Moet nooit op die toppunt van ‘n leer staan. Ook nie te vêr oorlê en die leer onder jou dan padgee. Indien nodig spandeer tyd om ‘n staanleer se bokant vas te maak soos byv. wanneer jy op ‘n dak klim, gewoonlik met die afklim kan jy die leer wegtrap van jou af. Die basis waarop die leer staan moet stewig wees en nie meegee, dit kan gebeur sodra jy bo teen die leer is. Op los grond doen maar moeite om ‘n plank onder die pote te sit. Maak seker dat die leer (byv. teen ‘n muur) nie onder jou gaan uitglip. Gereelde inspeksie van ‘n leer is ‘n moet. Moet nooit haastig raak wanneer jy ‘n leer gebruik. Dis ook baie maklik om byv. ‘n hamer bo-op ‘n staanleer te ‘vergeet’ en sodra jy die leer skuif dan vergeet die werkstuk nie van jou. Kortweg: Gesonde verstand is noodsaaklik en GEEN kortpad met ‘n leer want jy gaan teëspoed optel. Maak seker dat werkers opgelei is want dis nie ‘n kwessie van ‘op-en-af’ klim.

Ig ·

Raad, jy klink soos n “Safety Officer” die mees gehate persoon op aarde in die bedryf.Veiligheid lê tussen jou ore en dit is dit.

Biebie ·

By enige fabriek is daar “Working at heights” reëls en regulasies, wat duidelik nie in die geval gevolg is nie. Mense vat kort paaie, dan kry hul seer.

KP ·

Waar is hulle veiligheid regulasies. Enige hoogte bo skouervlak moet persoon veiligheidsharnas gebruik. Se maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.