Man kritiek ná hy van winkel se dak val

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal nadat hy Woensdag van ʼn supermark in Fochville, Gauteng, se dak geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man het vermoedelik saam met kollegas herstelwerk op die supermark se dak in Dorpstraat gedoen, toe hy sowat vyf meter ver geval het.

“Paramedici van ER24 het toevallig in die straat verbygery toe hulle deur die man se kollegas van die pad afgetrek is,” het Meiring aan Maroela Media gesê.

“Die man is op die grond aangetref en noodhulpbeamptes van die supermark het hom behandel. Paramedici het by hulle oorgeneem. Hy was in ʼn kritieke toestand en het erge beserings aan sy kop en rug opgedoen.”

ʼn Helikopter van ER24 is ontbied om die man na ʼn private hospitaal in Johannesburg te neem.

Omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Schalk ·

As ek so na die foto kyk , lyk dit my die man het redelik ver geval. Hy kan bly wees daar is nie nog n kar ook oor hom nie.

Asen ·

Ai Schalk

Kan ook gerol het of meskien het hulle net bietjie ver geland

Elize ·

Shalck die foto is beslis nie by die Supermark geneem nie. Lees die opskrif by die foto ARGIEF FOTO!!!

Uncle Buck ·

Dit is hartseer en sterkte aan die man en sy familie. Hoop hy word heeltemal gesond. Wat my egter pla is dat daar blykbaar nei veiligheids matreels toegepas is nie. Daar moet wetlik ‘n tou regoor die dak in sy lengte gespan word en dan moet die veiligheidsgordel daaraan geheg word watdan sal verhoed dat die man ,as hy gly of iets gebeur, nie sover sal val nie. Die man was of nalatig of die besigheid het nie prosedure gevolg nie. So die ongeluk was onnodig gewees volgens my

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.