Man kritiek ná hy vir koedoe uitswaai

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

ʼn Motoris is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagaand op die R64 tussen Kimberley en Boshoff in die Noord-Kaap vir ʼn koedoe uitgeswaai en sy motor daarna omgeslaan het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die 28-jarige man het ernstige beserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.

“Die man het glo uitgeswaai om ʼn koedoe te mis en die motor het omgeslaan en deur ʼn heining geploeg,” het Bodasing gesê. “Toe ER24-paramedici en ander dienste op die toneel aangekom het, het die motor op sy dak gelê. Een van die man se bene was onder die wrak vasgepen.”

Paramedici en brandweerpersoneel kon daarin slaag om die man te bevry, maar hy het erge beserings aan sy been opgedoen. Die polisie sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie ·

Waarvoor op aarde wil die polisie die ongeluk ondersoek? Dis so, ‘n koedoe was in die pad wat nie meer daar sal wees die dag as die polisie begin ondersoek nie. En wat sal hulle bevinding wees? “Met die ondersoek het die koedoe hom uit die voete gemaak, en is nie beskikbaar vir kommentaar nie!” Laat hulle eerder hulle aandag vestig op noodsaaklike sake soos plaasmoorde en korrupsie in die staatsdiens departemente.

Chantelle ·

Presies wat ek wou gese het… ek giggel nou so lekker ;)… hahaha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.