Man kritiek ná inwoners hom glo aanrand

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Saterdagaand glo deur inwoners van ʼn nedersetting in Imbali, Pietermaritzburg, erg aangerand is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 23:30 na die nedersetting ontbied. Daar het hulle ʼn 23-jarige man met veelvuldige steekwonde oor sy hele liggaam, ʼn gebreekte skedel en erge gesigfrakture aangetref.

“Die inwoners van die gemeenskap was vyandig teenoor die paramedici wat probeer het om die man op die toneel te stabiliseer,” het Vermaak gesê. “Daar is aan die paramedici gesê dat die man glo vroeër die aand ʼn kind met ʼn mes gesteek het en dat hy daarom deur inwoners aangerand is.”

Volgens Vermaak moes die paramedici noodgedwonge die man in die ambulans laai en hom op pad na die hospitaal behandel, aangesien die inwoners ongelukkig was omdat die man mediese behandeling ontvang en die paramedici gedreig het. “Die man is op pad na die hospitaal aan ʼn asemhalingsapparaat gekoppel en die polisie is in kennis gestel,” het hy gesê.

Vermaak kon nie bevestig of die polisie later na die toneel toe is nie. Maroela Media het die betrokke polisiewoordvoerder genader vir kommentaar en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lance ·

Its the african way ….african solutions for african problems

MissDemeanor ·

Nee, ons moet nie dieselfde begin doen nie. Die tipe “mob justice” is barbaars, en baie keer word mense vals van iets beskuldig, of hul word die teiken van ‘n heksejag. As ons dieselfde begin doen beteken dit ons het verval in barbaarse gedrag.

Melissa ·

Jakes ek dink nie daardie soort boendoegeweld sit in my siel en hande nie. Het jy al mob justice in aksie gesien? Dit is werklik grusaam en onmenslik satanies. Sluit my uit asseblief.

Kaufman ·

Melissa, dit is baie dinge maar beslis nie satanisties nie, satanisme het niks hiermee tedoene nie. Elke beskawing in die wereld het vir so lank soos mense bestaan het, die gestraf wat die reels van vreedsame samebestaan oortree, die geleerdes praat van social sanctioning. In moderne samelewings is dit veronderstel om deur wel funksionerende polisie en regsisteem oorgeneem te word maar as hierdie sisteme faal soos dit erf doen in ons land, sal mense insluitend rasionele mense reg in eie hande neem. Dis die reels van die menslike natuur.

Melissa ·

Jy moet werklik verdierlik wees om boendoegeweld in die belang van wet en orde te propageer. Gaan kyk ook na ‘n paar mob justice videos op youtube en liveleak, en dink weer oor die sataniese aspek. Dit is onheilig. Daarin sal ek geen deel kan hê nie, jammer Kaufman.

Ken ·

Moet nie net na die mob justice situasies kyk nie, kyk ook na die waar onskuldige mense doodgemaak word want die moordenaars weet dat daar geen gevolge vir hulle gaan wees nie…glo my dis meer evil.

m ·

Die gemeenskappe is ma net moeg vir hierdie tipe mense in hulle samelewing. Mens het regtig nie baie simpatie met hierdie man nie. Hy sal tog niks oorkom nie en hulle weet dit. Seker nie altyd die regte ding om dinge op so manier uit te sorteer nie………… Dink nie daar ou sal gou weer so iets probeer nie, dis nou as hy dit oorleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.