Man kritiek ná Kby-skietvoorval

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Man is kritiek beseer nadat hy Sondag in Kimberley in die Noord-Kaap geskiet is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Sondag in Dalhamweg plaasgevind. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die man langs die pad gelê. Een van twee vriende wat saam met die man op die toneel was, het hom bygestaan. Hy was in ʼn kritieke toestand.”

Volgens Bodasing het paramedici die man, glo 25 jaar oud, behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. “Die presiese oorsaak van die voorval is onbekend. Die verdagtes het glo van die toneel gevlug en die tersaaklike owerhede was op die toneel vir nadere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Grap ·

Hulle moet die keuring vir handwapens moeiliker maak en die strawwe vir besit van ongelisensieerde vuurwapens swaarder.

lynette ·

Die keuring is moeilik genoeg maar toe ek n rukkie gelede aansoek gedoen het was daar wel n groot aantal swart mans en vrouens wat ook aansoek gedoen het. Dis nie die mense wat lisensies het wat probleem is nie, dis die met gesteelde en ongelisensieerde wapens wat probleem is.

Winston ·

Wapens maak nie mense dood nie. Mense maak mense dood met wat ook al tot sy beskikking. Strenger keuring moet toegepas word. En die gevolge moet ernstiger aangespreek word deur howe. Doodstraf vir sinnelose moorde en harde arbeid in gevangenisse vir oortreders wat herhaaldelik maar net gaan gratis verblyf kry en nog stemreg behou ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.