Man kritiek ná klein ontploffing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn 48-jarige man is Vrydag ernstig beseer toe die kragopwekker waaraan hy werk het, op ʼn plaas buite Fochville in Gauteng ontplof het.

“Die man het langs ʼn groot kragopwekker gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Hy het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.”

Die man is met ʼn privaat mediese helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir dringende behandeling.

“Hy het aan die kragopwekker gewerk toe ʼn klein ontploffing plaasgevind het. Plaaslike owerhede was op die toneel en stel ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Frederik ·

Het plaaslike owerhede enige kennis van groot kragopwekkers ??

Cherokee ·

Nee, maar van stakings wel en die kragopwekker het gestaak.
Ongelukkig en vreemd dat dit toe ontplof het. Hoop daar is geen verband tussen die naby geleë myne en plofstowwe wat relatief maklik uitgedra kan word, nie.

Grap ·

Ek het altyd gedink hierdie kragopwekkers gaan deur streng veiligheid toetse voor hulle verkoop word of is dit nie die geval met die goedkoper modelle van China nie.

Veritas ·

‘n Kragopwekker behoort nie te ontplof as daar nie brandstof in is nie. Iets vertel my dat die basiese veiligheidsmaatreëls nie nagekom was nie.

Rapes ·

Het seker ‘n vuurhoutjie getrek om in die tenk te kyk of daar petrol in is.

Ai ai ·

Groot kragopwekkers is oor die algemeen diesel. Wie sal sy tyd op `n plaas mors met `n petrol opwekker? As daar iets verkeerd gaan kan dit op loop sit en daar is nie `n manier om dit te stop nie. Hy sal aanhou rev tot die enjin disintegreer of die diesel opraak.

Se maar net

Gerard ·

Diesel masjien wat nie wil vat nie? Maklik… Lappie met petrol natgemaak oor die “air intake” In die geval moontlik dat hy ‘n Oxycetalene stel gevat het, en suurstof/gas by die lugtoevoer pyp ingeblaas het. Het dit al teegekom by ‘n myn. Twee mense dood weens die ontploffing. ‘N kragopwekker ontplof nie sonder rede nie. As dit ‘n petrol masjien was, is dit moontlik dat petrol deur vergasser gelek het tot in die “sump” en met olie gemeng het, gevolglik ontploffing. Het dit ook al gesien met ‘n Chev V8 masjien

Cherokee ·

Dankie tòg vir ‘n praktiese oplossing tussen al die raaiskote!

Kobus ·

Of dalk het hy hom uit fase aan die eskom netwerk ingeskakel

Lance ·

Of dalk het hy skelm pyp gerook toe hy iets ondersoek het en n klein kooltjie en uit die pyp geval in die brandstoftenk …toe is daar n skielike knal wat n ontploffing genoem word

Nikki ·

Behalwe as Maroela se inligting verkeerd is en dit n ‘compressor’ was! Die ‘pressure release valve’ het nie gewerk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.