Man kritiek ná kragopwekker aan die brand slaan

kragopwekker

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand na ʼn brand Sondagoggend by ʼn huis in Kameeldrift, Pretoria.

“Volgens bronne op die toneel wou die man ʼn kragopwekker aan die gang kry toe dit aan die brand geslaan het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die voorval word ondersoek.”

Terwyl die brandbestryders gepoog het om die brand te probeer blus, het paramedici gespook om die man te stabiliseer. “Hy het 40% brandwonde opgedoen,” het Botha bygevoeg. “Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.