Man kritiek ná mangatdeksel op hom val

mangatʼn Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat ʼn mangatdeksel Maandag in Bloemfontein op hom geval het.

“Volgens ooggetuies het die man glo in die mangat gebly,” het Russel Meiring, ʼn woordvoerder ER24, gesê. “Hy was glo besig om uit te klim toe die deksel op hom geval het.”

Paramedici het die man in die mangat op die hoek van Currie- en Pasteurstraat aangetref. “Hy het nie ʼn pols gehad toe hy uitgehaal is nie. Pogings is dadelik aangewend om hom by te bring.”

Meiring het gesê die het man uiteindelik weer tekens van lewe getoon en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.