Man kritiek ná ’mislukte ‘kaping’

Argieffoto

ʼn Man van New Germany in KwaZulu-Natal is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas nadat hy twee skietwonde opgedoen het tydens ʼn ‘mislukte kaping’.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê nooddiensspanne het die man in sy tuin in ʼn ernstige toestand gevind nadat bure die nooddienste ontbied het.

Die man is in sy nek en gesig geskiet, en lewensondersteunende middels moes dadelik gebruik word om die man se lewe te red.

Die verdagtes het hom vermoedelik in die oprit van sy huis aangeval. Dit is egter onseker of die verdagtes daarin geslaag het om met die motor weg te jaag.

Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal in dié provinsie vervoer.

Meiring sê die presiese gebeure tydens die voorval is nog nie in dié stadium bekend nie, maar ʼn polisie-ondersoek duur voort.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.