Man kritiek ná motor teen bus bots

Foto: ER24.

ʼn 32-jarige man is kritiek beseer ná die motor waarin hy gery het teen ʼn bus gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Maandagoggend in Paul Krugerstraat in Pretoria plaasgevind.

“Ons paramedici asook die brandweer het omstreeks 09:05 by die toneel opgedaag. Die verwronge wrak van die motor is in die middel van die pad aangetref en die bus het ʼn kort entjie verder tot stilstand gekom,” het Meiring verduidelik.

Die man was in die wrak vasgekeer. “Hy het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.”

Meganiese toerusting is gebruik om die man uit die wrak te bevry. Die man is op die toneel behandel en daarna na die Steve Biko-hospitaal gehaas vir nood- mediese behandeling.

Volgens Russel is die bestuurder van die bus deur ʼn ander nooddiens behandel en na ʼn hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Asjas ·

Ai die motors wat so sommer vanself teen busse en bome vas ry en bots …

Natasha ·

Karre, busse en TAXI’s in Paul Krugerstraat ry asof die duiwel agter hulle is, die busse ry oor die rooiligte (Putco en Munispale), taxis stop net waar hulle wil in die straat, hulle ry oor die sypadjies en die bus lyne, en die karre volg maar die busse en taxis se voorbeeld, dis ‘n nagmerrie om in Paul Krugerstraat te ry (die bane is ook kleiner gemaak om die buslaan te akkomoddeer) en die busse weier om in die linkerbaan of bus laan te ry, hulle ry net in die regterbaan teen 100 km per uur. En sodra hulle ‘n verkeersbeampte sien dan ry hulle mooi en sodra hulle verby hulle is word daar weer gejaag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.