ʼn Man is in ʼn kritieke toestand gelaat nadat hy Donderdagmiddag tydens ʼn motorkaping in Roodepoort, Johannesburg, geskiet is.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 16:51 na die toneel in Wilropark ontbied.
By hul aankoms op die toneel het hulle die man, vermoedelik 44 jaar oud, met skietwonde aan sy bors, maag en arm in sy motor aangetref.
Na bewering het kapers in Doreenweg op die motoris toegeslaan, maar hy kon daarin slaag om ná die voorval sowat 2 km verder na die naaste vulstasie in CR Swartweg te ry om hulp te ontbied, het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, verduidelik.
ʼn Lugambulans is weens die erns van sy beserings ontbied waarna die man na ʼn hospitaal geneem is.
Min besonderhede rondom die voorval is in dié stadium bekend.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Sal seker weer die maklike uitweg vat en se dit is zama zamas en dit weer net daarby los, die SAPD beteken niks na my mening.
Bolhuis sal seker sê hy was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek
Die regering weet presies wat aangaan. Dit is dan wat hulle wil hê! dat blankes uitgemoor word!!!!
Sanef gaan uiteindelik aksie teen Malema neem na tirade oor beriggewing oor Venda-bank se plundering.
Doen moeite om berigte te lees omtrent sy opdrag aan sy volgelinge. te gaan lees.
Hy het darem die vulstasie gehaal . Wat sal harris nou se ? zama zama ?