Man kritiek ná Mumford-konsert

David Steyn (voor) saam met sy broers, Herman en Pieter, en Pieter se vriendin enkele ure voor die ongeluk gebeur het. Foto: Facebook

David Steyn (voor) saam met sy broers, Herman en Pieter, en Pieter se vriendin enkele ure voor die ongeluk gebeur het. Foto: Facebook

ʼn Johannesburgse man is in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem nadat hy 15 meter ver van ʼn brug afgeval het ná ʼn buitelugkonsert die afgelope naweek in Pretoria.

David Steyn (32), ʼn lektor by die Midrand Graduate Institute, is tans onder verdowing in die Netcare Milpark-hospitaal. Hy het erge harsingskudding, verskeie frakture in sy bene en snywonde aan sy gesig en arms opgedoen. Sy neus is ook gebreek.

Herman, David se tweelingbroer, het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat hy, David en ʼn groep vriende Sondag die Mumford and Sons-konsert by die Voortrekker Monument gaan kyk het. Ná die konsert het duisende konsertgangers by die monument se perseel uitgestroom na buite.

Volgens Herman het hy ʼn rygeleentheid saam met vriende gekry. David het egter saam met twee van sy kollegas in Eeufeesweg opgestap in die rigting van die Heartfelt Arena waar hulle ʼn taxi sou kry. “Hulle het oor die brug gestap wat oor Trichardtweg loop om aan die ander kant van die pad vir die taxi te wag. Daar was geen ligte nie en ook geen versperrings langs die brug nie. David het afgeval tot op die teerpad onder,” het hy gesê.

“Ek verwag dat mense seker dadelik sal dink dat David gedrink het, maar ons het nie gedrink nie, omdat die rye by die kroeg te lank was. Ons het besluit om eerder gaskoeldrank te koop en nie ons hele aand in ʼn ry te spandeer nie.”

Herman het gesê paramedici het David op die toneel gestabiliseer voordat hy per helikopter na die hospitaal geneem is. “Hy sal vir die volgende drie tot vyf dae onder verdowing gehou word. Dit sal nou gevaarlik vir hom wees om te beweeg en hy sal ook erge pyn ervaar as hy by sy bewussyn moet wees,” het hy gesê.

Die Steyn-familie is nou op soek na nog ooggetuies van die ongeluk. Volgens Herman het David se kollegas wel gesien hoe hy val, maar daar was ook baie ander mense op die brug. Daar moet dus nog mense wees wat die ongeluk sien gebeur het. Hy het gesê die familie is tans besig om raad in te win oor moontlike verdere stappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

MissDemeanor ·

Dis onsmaaklik en onsensitief van jou. Dankie tog hy het nie gedrink nie, want dan so sy bloeding baie erger gewees het.

Paul ·

In werklikheid is dit gedokumenteer dat mense met meer alkohol in hul stelsels ‘n beter kans op oorlewing het ná traumatiese beserings. Lees byvoorbeeld die studie “Dose–response relationship between in-hospital mortality and alcohol following acute injury” deur Lee S. Friedman. Dis maar net een van die studies.

DPJ ·

Mag God se ryke seën op jou rus en ‘n spoedige herstel gee. Sterkte vir jou familie en vriende wat almal vir jou bid.

charmaine ·

Daar waar die man afgeval het is geen reeling nie, daar was wel al vir hoe lank geel lint gespan maar dit hang ook op die grond. Ek ry elke dag daardie pad en het al gewonder se nou n kar gaan daar af? en kyk nou, as gevolg van stadsraad se nalatigheid het iemand seergekry. Nou sal daar seker gespring word om dit reg te maak. Daar loop daagliks voetgangers ook.

HvW ·

Dankie Charmaine, vir die perspektief rakende die toestand van die brug. Sterkte aan die slagoffer .

ZP ·

Kyk met GoogleEarth se Street View funksie. Die reelings is duidelik afgesteel vir ScrapMetal.
En die owerhede gaan nie so vinnig die Google kamera daar kan verby stuur om ‘n nuwe mooi prentjie te skep nie. Jammer om vd onnodige ongeluk te hoor. Het self vriende daar gaan optel na die konsert.

Jannie ·

Dankie Piet dat jy vir Hennie bedank het dat hy vir Charmain beaam het.

Elfie ·

Jannie – is dit nou nodig? Sarcasm is the lowest form of whit

Isabel ·

Dis my Universiteits vriend! Ons sou vlg Vrydag ñ Tuks Reunie gehou het met paar van ons wat saam geswot het so paar jaar terug! Amazing hoe vinning dinge verander! Ons bid vir jou Dave xoxo

Hester Potgieter ·

Relings gaan skaars weer op wees, dan word dit weer gesteel vir die skrootwerf!!!! En die brug is nou al ‘ n hele paar jaar sonder die relings!

nig ·

Ja-nee, kyk maar oral by brue en gevaarlike draaie – versperrings is oral afgesteel. Arme man, hoop hy herstel volkome!

Nicky ·

This young man belongs to an outstanding christian family.They are an amazing example for the afrikaans people ….loving ,selfless and generous .I love this family dearly…please all pray for David.

Elfie ·

Nicky, we will! May he recover completely and very soon too. My thoughts are with the family and friends and may God be by his side.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.