Man kritiek ná Nigel-plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man veg vir sy lewe in die hospitaal nadat hy Sondagoggend op ʼn plaas buite Nigel aan die Oos-Rand deur gewapende rowers geskiet is.

Johan (58) en Jeanette (54) Meyer is omstreeks 06:30 op die plaas Rietpoort deur drie verdagtes oorval. Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanvallers het die Meyer-egpaar vasgebind voordat hulle juweliersware, elektriese toestelle, twee vuurwapens en ʼn onbekende bedrag kontant uit die huis geroof het.

Volgens Masondo het die rowers Johan in sy bolyf geskiet voordat hulle met die egpaar se voertuig op die vlug geslaan het. Die voertuig is later verlate in Nigel gevind.

Johan is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisbraak en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

AL ·

Sterkte aan sy vrou en ek bid dat hy sal lewe. N Kleinhoewe eienaar Michael Molefe buite Pretoria het rowers met n krieketkolf verjaag by die venster waar hul wou inbreek volgens News 24. Sy vrou is geskiet deur die rowers, maar lewe.

André ·

BID VIR ONS LAND EN SY MENSE WAT WEERLOOS AANGEVAL WORD…
BID VIR ONS REGERINGS AMPTENARE EN POLISIE OM WARE VREDE IN DIÉ LAND SUID AFRIKA!
DIT RAAK ONS ALMAL!
AMEN!

Elsa ·

mag elke booswig gearresteer word en die bose dade en aggressie uitgeroei word….dis afskuwelike dade en moet nou end kry…doodmaak is nie werk nie..
regering gtyp in en tree op

Watse regering??????? ·

Watter regering ?????hier waar ons bly het ek nog nie so iets tee gekom nie. Dis jy alleen vir jouself.

Johann Barnard ·

Hoekom kan metro polisie in Pretoria wat heeldag niks doen en smouse besteel en lastig val nie die kleinhoewes en strate patrolleer nie,vra maar net.

T ·

Dit gaan nooit ophou nie. Waar was al die mense wat belowe het om daar te wees by die hof in Belfast vandag? Daar was baie mense maar heeltemal te min om saam te staan. Ek is diep teleurgestel. Waar was al die groot monde wat elke dag komentaar lewer? Ons sal nooit saam kan staan nie

Alida ·

T, was jy daar? Party mense moet werk weet jy? Hoekom altyd negatiewe kommentaar lewer. Ek skaam my vir my eie mense.

Johann ·

Dit gaan net aan en aan en niemand doen iets daadwerklik om dit stop te sit nie, vb verhoog die vonnis, gee aan ‘n plaasmollesteerder geen borg nie, veg vir strenger wets toepassing,

PvZ ·

Verstaan ek reg. Die man was vasgebind. So hy lê op die grond met sy hande vasgebind. En met die wegkom slag, “as a after though”, skiet die moordenaars hom. En ons dink die rooftogte is nie ras-gemotiveerd nie……..

PvZ ·

Die moorde sal stop die dag as hulle ons vrees. As die vrees groter is as die begeerte om te roof en te steel. Hulle vrees ons nie. Op ‘n tyd het die woord “Boer” hulle almal laat sidder. Nou, nou is dit vir hulle net ‘n skel woord.

n ·

@ PvZ, hulle vrees nogsteeds die “boer”. Dit is hoekom hulle in ‘n bende van 8 of so aanval. En hulle val net ouer mense aan.

Johann ·

En die “speaker” van die Parliment wier n debat oor plaasaanvalle en plaasmoorde! Sê als! Deel van.die ANC en sy kronoes se moderne terrorisme teen blankes…

willie ·

Almal moet inskakel op kanaal 343 om 7h vanaand! Net hulp van bo kan ons mense nog help!

CJ ·

Mense..die plaasmoorde word nou ñ alledaagse ding asof dit normaal is. Iets sal dringend gedoen moet word… moet ons geregtigheid in eie hande begin neem??

Dirk01 ·

CJ ons moet ons beveiliig , bewapen en saterdag oggende vir skiet lesse gaan wat progresief meer gevorderd word MAW meer dodelik en die tipe aanvallers te dood met nodige vaardighede . Solank ons binne die wet op tree en nie dom dinge doen nie

Ouma ·

En ink jy almal gaan lisensies kry vir gewere? Nie maklik nie. Maar ek stem saam met jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.