Man kritiek ná ongeluk in fabriek

Foto: ER24

ʼn 29-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat sy bene Donderdagoggend in ʼn groot masjien by ʼn fabriek in Krugersdorp vasgepen is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn steenkoolfabriek gebeur. Volgens Meiring is die man se bene vasgepen deur ʼn reuse- kurkskroef-tipe meganisme in die masjien. Dit is nie duidelik hoe dit gebeur het dat die man in die masjien beland het nie.

“By paramedici se aankoms op die toneel was die man steeds in die masjien vasgevang. Hy het ernstige beserings aan sy onderbene opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê.

Paramedici en werkers van die fabriek het ʼn plasmasnyer gebruik om die masjien oop te sny sodat die man bevry kon word.

Hy is op die toneel behandel voordat hy na ʼn privaathospitaal in Krugersdorp gehaas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SNEL ·

Sal Maroela ons kan laat weet of hy darem nog sy bene sal behou? Moes vreeslik gewees het om dit deur te maak en nog daar te lê terwyl hulle hom moes bevry. Hoop hy behou sy bene en herstel gou.

Piet Pompies ·

Veiligheid by fabrieke is baie belangrik en word deur die wet gereguleer. Op die foto kan gesien word dat daar ‘n ketting aangedrewe sisteem is maar dat daar geen beskerming oor die bewegende gedeeltes is. As daar dan een sigbare ootreding van die wet is, hoeveel meer is daar nie?

Kat ·

Ek weet van die land se grootste Canola olie vervaardigers op Swellendam Southern Oil Soil wat elke jaar verantwoordelik is vir afgryslike ongelukke .. Twee mans het al bene verloor daar en meninge mense is al dood daar. Geen veiligheid! Onbevoegde voormans. Sulke maatskappye walg my! Hierdie mans het gesinne en families en werk is skaars,dan moet hulle sulke dinge oor kom. En die miljoene rol in terwyl lede mate en lewens geneem word

Frikkie Geld en huis ·

‘n Steenkoolfabriek ??? Wil jy nou meer!! Dan kan Eksdom se steenkooltekorte hopelik aangevul word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.