Man kritiek ná ontploffing by Pta-fabriek

Foto: Verskaf.

ʼn Man in sy 30’s is in ʼn kritieke toestand per helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg gehaas nadat daar ʼn ontploffing plaasgevind het in die fabriek in Pretoria waar hy werksaam is.

Xander Loubser, woordvoerder en paramedikus van Best Care-ambulansdienste, het aan Maroela Media gesê hulle het die man op die toneel gestabiliseer en na die skouterrein vervoer waar hy deur ʼn mediese helikopter opgelaai is.

“Hy het baie ernstige wonde aan sy gesig, bolyf, borskas, arms en die res van sy lyf opgedoen. Ons moes ʼn aar in sy been kry om die drup in te sit,” het Loubser gesê.

Volgens hom is niemand anders tydens die voorval beseer nie. “Dit blyk dat ʼn gasbottel ontplof het,” het Loubser gesê.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê die brandweer is tans op die toneel aangesien die brand weer opgevlam het. “Dit gebeur gereeld, dit lyk of alles geblus is, maar dan is dit nie noodwendig so nie. Alles is egter onder beheer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

zoom zoom ·

Mag ons weet wat se plek dit is wat ontplof het en ook dalk die plek se naam. Swak berig

Michelle ·

Die departement van Mannekrag se veiligheids inspekteure behoort sulke plekke gereeld te besoek om te kyk of die goed veilig en op datum is. Maar gaan soek nou die inspekteure dan is daar nie een nie. Ek vetrou die wergewer sal uithaal en wys vir die man se leiding asook sy familie. Ek wens hom alle beterskap toe.

Kennis ·

Hy gaan ongelukkig moet eis van die vergoedings kommisaris af…

Kennis ·

Hy gaan ongelukkig moet eis van die vergoedings kommisaris af…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.