Man kritiek ná ontploffing deur huis ruk

(Foto: Netcare 911)

ʼn Man het Vrydagmiddag sy hand verloor nadat ‘n ontploffing deur ‘n huis in Bryanston, Johannesburg geruk het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici het aanvanklik om 16:40 inligting ontvang dat daar ʼn skietery by ʼn kompleks in Hobartweg plaasgevind het, en hulle het hulle na die toneel gehaas. By hul aankoms op die toneel, het dit egter aan die lig gekom dat ʼn ontploffing plaasgevind het en nie ʼn skietery nie.

“Paramedici het die toneel geassesseer en gevind dat ʼn man kritieke beserings in die ontploffing opgedoen het, waaronder ʼn amputasie en veelvuldige brandwonde,” sê Herbst. “Die man is op die toneel behandel en nadat hy gestabiliseer is, is hy per ambulans na ʼn hospitaal gehaas.”

Volgens Herbst moet die oorsaak van die ontploffing en die omstandighede van die voorval nog vasgestel word. IOL berig egter die vermoede bestaan dat die man besig was om vuurwerk te hanteer toe die ontploffing plaasgevind het.

Die toneel is deur die polisie afgesper vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

TLC ·

Ja wel ………
Berig se eintlik niks
Gedog n gasbottel het ontplof of so iets
Maar vuurwerke…….

bambi ·

Dis verskriklik! Dalk het hy probeer cannabis olie kook? jip; dit ontplof.

Jax ·

Ook gedink dis gas. Sal seker nie regtig weet voor die ondersoek nie afgehandel is nie.

Regtig? “Geassesseer” – ondersoek. Hou Afrikaans suiwer of hou op om Afrikaans te praat

Onnie ·

Dit moes ‘n geweldig kragtige ontploffing gewees om die man se hand af te ruk. Klink bietjie wild vir ‘n klapper, plus dit was nog lig om half 5… wie skiet dan klappers??

Attie. ·

Kan iemand vir my mooi verduidelik wat beteken asseseer ? Lyk my Maroela Media se nuus kry hulle van whats ups. Leer spel asb. MM

Mariné Lourens ·

Dagsê Attie

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal 6de Uitgawe (bladsy 67) beteken assesseer (ww.) “evaluering of bepunting; skatting van skade wanneer ‘n versekeringseis ingedien is.” Sien ook assessering. In Engels is dit natuurlik “assess”. Hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.