Man kritiek ná padwoede-voorval

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Motoris is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagoggend gedurende ʼn beweerde padwoede-voorval in Pinetown, KwaZulu-Natal, geskiet is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die motoris het omstreeks 08:30 in ʼn woordewisseling met ʼn taxibestuurder in Otto Volekweg betrokke geraak. Die taxibestuurder het die slagoffer glo in sy kop en maag geskiet waarna hy op die vlug geslaan het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-ambulansdienste, sê paramedici het by hul aankoms op die toneel die man, vermoedelik 61 jaar oud, aangetref waar hy op die grond gelê het. Hy het twee skietwonde gehad en was in ʼn kritieke toestand. Jamieson sê die taxibestuurder was nie op die toneel toe paramedici daar aangekom het nie.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911 wie se paramedici ook op die toneel was, sê die man is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Wielspore ·

Die word Taxi is sinoniem meet verskeie oortreedings, spoed, oorlaai, ry in teen aankomende verkeer, padsteftes, onpadwaardig, omkoop, stop waar hy wil, druk toeter.. of is ek die enigste wat op hierdie planeet van Taxis woon.

Opisthophthalmus ·

Oorlaai? gmf.. 46.. 47.. 48 passasiers klink vir my meer na wors stop…

Bekommerd ·

Jyt vergeet om die woord orrogant ook te noem, maar daar word niks daaraan gedoen nie. Kyk maar na die talle ongelukkig en onskuldigdes wat sterf

Nettie ·

Ja, tipies – taxi-drywer …..e…. van die meerderheidsras in SA natuurlik. Geleer om konflik op net een manier op te los: met geweld.

Carl ·

Elke dag kyk ek toe hoe roekeloos die Taxis is, hoe hulle indruk en dan weg kom met alles. Hulle parkeer waar hulle wil stop net waar hulle wil met geen verantwoordelikheid nie en jy durf nie toeter druk of iets sê nie. Maar nooit sal jy ‘n speedcop of ‘n polisieman sien wat hulle tot orde roep nie. Die verval in SA is skielik in mens se gesig!

Theresa ·

Ek is op dieselfde planeet Wielspore. Dis angswekkend hoe hierdie mense ry. Iemand moet iets daadwerklik doen omtrent hulle. Hier kan jy NIE ry as die lig vir jou groen is nie. Hulle ry net eenvoudig oor die rooiligte. Jy moet kyk of hulle gaan stop VOOR jy kan ry en dan druk die ou agter jou ook nog vir jou hoeter want die lig is groen en jy ry dan nie. Amazing dat hulle net kan ry soos hulle wil en wegkom daarmee.

Gert J ·

Dit lyk of die owerhede BANG is vir die gangster wat ons paaie besit

Hennie ·

Ons kan baie by taxi bestuurders leer oor diens lewering!Selfs al is die taxi oorvol sal hy plek maak vir nog n insittende,al is dit spitsverkeer en jy se jy wil afklim sal hy net daar stop en jou aflaai,al is dit in n kruissing,as jy se jy is laat sal hy in n 60 sone jaag sodat jy betyds kan wees vir jou teebreuk,as hy by jou verby gery het sal hy teen verkeer in ry om jou te kom oplaai of n U draai oor n dubbel sperstreep maak om jou optelaai,en dan groet hul altyd almal met n getoet,toet,toet,toet..,…….!

Sophia ·

Ek stem absoluut saam met jou Hennie! Ek het op ‘n stadium vir ‘n rukkie terwyl my kar stukkend was en die busse gestaak het, taxi moes ry. Hulle gaan regtig uit hulle pad uit om ‘n kliëntediens te lewer!! Ek stem nie saam dat hulle doen wat hulle wil nie, maar as sy kliënt op ‘n sekere plek wou afklim en hy het haar/hom dalk nie mooi gehoor nie en verby gery, SAL hy teruggaan op een of ander manier om hom/haar tevrede te stel. Ek dink meer dis hulle kliënte wat so moeilik is en weier om te loop… Maar Ja, baie kan by hulle gaan leer hoe om hulle kliënt tevrede te stel, en te hel met die res!!

chris ·

hahahahahaha hennie lekker gelag dis presies soos jy daar se hahahahahahahahah

Selfde ·

Taxi het vanoggend voor ‘n metro polisie lid my kar se speeltjie beskadig omdat hy nie voor my kan inry nadat hy in die teen verkeer gery het nie.
Hy het net oorgleen na die passasiers kant en my kar beskadig en gemaak soos hy wil. Weg gery

Amanda ·

Kliëntediens ten koste van ……….hulle jaag om n kwota per dag te maak. Hoe meer geld hy maak hoe meer geld in die sak. Ons jaag ook na kliënte vir geld, maar moet hou by die padreëls.

Cherokee ·

Selfde, dit is vir insidente soos jy beskryf, wat dash-cams aangeskaf moet word.

ontnugter ·

En wat het jy gemaak? Laat ek raai. Niks? Dis hkm hulle dit doen want hulle kom weg met dit.

Andre Stander ·

Uhmmm, het jy die artikel gelees..? Kop en maag geskiet..??

Wat wil jy hê moet mense maak? En daarmee saam – as jy nie self die “tools & skills” het om jouself mee te kan verdedig nie, moet jy liefs nie die situasie vererger met [kaal hande] nie…….

Magteloos Kwaad ·

Ek het eenkeer iets gedoen, ontnugter, en amper seergekry. Ek het die taxi afgeblok sodat hy nie voor my kon indruk soos hy wou nie. Toe klim hy uit met ‘n massiewe “spanner” maar gelukkig kon ek wegjaag. Dit help nie om teen sulke mense op te tree of selfs mooi te praat nie, nie eers met wit mense, ( ja, reg gelees) WIT mense wat soos idiote ry nie. Los dit, en ry aan. Dis nie jou lewe werd nie.

Hb ·

My broer het ook amper sy lewe keyt na n padwoede aanval. 3 weke inni hospitaal gewees. Al wat ons nou doen is smile and wave. Ek steur my nie meer aan enige onwettige dinge wat oppie pad gebeur nie. Eks nou ook baie rustiger as ek nou by my bestemming aankom. My boet ook.

Roger ·

Nog ‘n misdaad wat deur die staat ondersteun en aangemoedig word. As dit nie waar is nie, waarom is daar steeds taxis op ons paaie. Hulle is ALMAL gewoonte oortreders en openbaar sosiopatiese gedrag.

christa ·

taxis laat my rooi sien. Hulle ry asof hulle alleenreg op die paaie het, van bestuur weet hulle min. Waar is die outyd se manier van taxi gebruik. Wag op ‘n plek en word net betaal per trip. Maar die wildewestes wil jaag om soveel moontlike trips in te kry en jan alleman moet maar aanvaar dat hulle voorkeur bo ander het

Derick ·

As hy gevang word, let wel as, gaan hy n minimum straf kry.

Hennie ·

Ja Hennie ek stem saam hulle diens lewering is uitstekend maar ongelukkig ten koste van. Maar ons moet nie kla nie wie van julle het al probeer ry in Angola , Zambië, Zimbabwe. ens daar gee tot die bome pad as hulle aankom en die slaggate vul hulself op .Erg

Bamsie ·

Dit is waar die meerderheid taxi bestuurders ry roekeloos. Maar daar was al pawoede voorvalle tussen “gewone” mense ook. Hier is iets fout met die grein van ons land. Ek dink mense voel magteloos en dan ontplof hulle.

GP ·

Almal moet begin ry soos hulle. Daar moet nou maar chaos oo die paaie wees. Hoekom kan hulle doen wat hulle wil en ons moet elke reel gehoorsaam? Ek begin klaar daarmee.

PJC ·

Mense moet besef ń groot persentasie van taxidrywers is gewapen en moet nie sommer net gekonfronteer word nie. Die verskillende faksies is gewoond om op mekaar te skiet en sal nie huiwer om op lede van die publiek ook te skiet nie. As jy gewapen en lus vir ń konfrontasie is is hierdie net die geleentheid anders sluk jy maar jou trots en kyk anderpad. Ek dink die feit dat so baie van hulle bewapen is is die rede waarom die polisie en verkeerspolisie nie sommer met hulle bemoeienes maak nie want al dra jy ń uniform is jou lewe op die spel. Vir hulle het ń mens ń behoorlik opgeleide taakspan nodig.

Johannes ·

Ek ry en skel Taxi bestuurder elkedag en Goodwood verkeersdepart en SAPS ry net verby hulle. Jy byt nie die hand wat jou kos gee nie

Johanna Botha ·

Hulle is wetteloos betaal geen belasting en hou by geen reel en ry al die paaie vrot ….genoeg om mens se bloed te laat kook en nou skiet hulle nog op n mens …vuilgoed !

Lynette ·

Nee julle verstaan nie ek bly in Kzn die taxi base rule hullle is vir niemand bang nie ek sien dit elke dag die taxi base staan met hulle gewapende wagte langs die pad asof dit aan hulle behoord

Schalk ·

Taxi dryers is deel van wettelose kultuur skepping.Geen respek vir lewens pad reels en wet toepassing beamptes.Meer as 90 perzent oor tree verkeers reels elke dag.Druk in staan waar hulle nie mag staan nie.Hierdie voorbeele is die wat reeds vroeg by jong mense gevestig word.Dit kan selfs taxi=sindroom genoem word.Hulle sien hulself as verhewe enhul bestuurstyl is n uitvloeisel van hul arrogansie en mags to eiening.

marieta ·

nou die dag toe druk ek die hoeter toe n taxi regvoor my inry en stop… ek kon net betyds uitswaai en verby gaan….teen daai tyd was daar al van hulle uit en slaan en skop ons motor…polisievoertuig agter het net beacon aangesit en aangery…. ek was bevrees want ek en my man is al oud teen daai jong mans

Sputnik ·

Watse “beacons” het polisiemotors, Marieta? Ek ken net bakens op hoogste punte en berge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.