Man kritiek ná perd hom aanval

Argieffoto ter illustrasie (Foto: JamesDeMers, Pixabay)

Argieffoto ter illustrasie (Foto: JamesDeMers, Pixabay)

ʼn 55-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn perd hom op ʼn plaas in Bethlehem in die Vrystaat aangeval het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê ʼn helikopter is na ʼn mediese sentrum in die gebied ontbied waar die man sedert vanoggend behandeling ontvang. Hy sal na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem word vir spesialisbehandeling.

Verdere besonderhede is nie dadelik bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Daan van den Heever ·

Nog nooit gehoor van ‘n perd wat ‘n mens aanval nie, dit is nie ‘n leeu of so iets nie. Die man het seker afgeval of deur die perd geskop, maar aanval, nog nooit gehoor nie

Dee ·

Ek het dit gesien, Daan. ‘n Hings het my stiefpa aangeval en hy moes hardloop en in ‘n boom klim. Ek en ‘n skoolmaat het toe die hings (wat steeds ‘n toom aangehad het) aan die boomstam vasgemaak sodat hy nie uit die boom kon klim en ons het hom sowat 20 minute daar laat sit voordat ons die perd losgemaak het. Om een of ander vreemde rede het die perd nie vir ons gegaan maar slegs vir hom. Die perd het die volgende dag dood gelê in een van die lande.

DPJ ·

Ja nee die perd is van ‘n ander kleur. As jy hon wil ry en hy ken jou nie gaan hy jou afgooi. Sy kar het gaan staan nou will hy ‘n goeie ryding hé.

M A ·

Perde is “flight or fight” diere. Hulle sal eerder vlug as iemand aanval. As hulle egter nie kan vlug nie, sal hulle aanval om te kan ontsnap. Daar is nie veel inligting in die berig nie. Dit mag wees dat die perd geskrik het en per ongeluk die man beseer het.

Susan ·

Perde is net soos enige ander dier, party met sagte geaardheid en ander met agressie. Ja, jy kry wat tande wys vir jou as jy nader kom om hom/haar te vang en ja hulle sal jou byt. Het al gesien wat kan gebeur. Jy kry dan mense wat met sulke perde wil teel ! Jy kry ook perde wat leiers is, (van 2+ perde) as jy een wil vang sal hy/sy jou afkeer, kan ook ‘n probleem wees. Dit is hoekom dit belangrik is om ‘n perd goed te skool en te dissiplineer, ‘n perd het tot 7 sterk mans se kragte, dit is waar groot enjins se sterkte aan gewys word as perde krag.

Fransie ·

Miskien is die perd EN die volstruis lede van die EFF en studeer aan een of ander universiteit en is aanval hul hoofvak en is hul besig met praktiese eksamens?

François ·

Sorry, maar iemand wat dit glo sal seker nie verkwalik word as hulle aan die tandmuis & Kersvader glo nie! Absurd! Asseblief!

Riekie ·

Francois het verseker nie op ‘n plaas grootgeword nie! Op Bloemskou het ‘n hings sy vertoner aangeval en met sy voorbene vasgedruk en gebyt! Ons het dit self gesien. Soos bulle raak hingste ook befoeterd!

Johan 2 ·

Dan en Francois. Deu hard te balk, laat die donkie sy stem hoor.

m ·

Daar is ma logiese verduideliking vir hierdie arme dier se gedrag. Perde is nie aggressiewe diere nie.

Dee ·

Waarskynlik is die meeste onkundige kommentare deur stedelinge wat perde net van prentjies af ken.

M A ·

Huisgenoot sê dat die man van die perd se rug afgeval het en is teen die kop geskop deur die perd. Dit is toe nié ‘n aanval nie maar ‘n blote ongeluk. Sensasie moet mos orals aangeblaas word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.