ʼn Man is steeds in ʼn bedenklike toestand in ʼn hospitaal in Mpumalanga ná ʼn aanval oor die naweek op hom, sy vrou en die egpaar se seun op hul plaas buite Nelspruit.
Albert Gryvenstein van die organisasie Bossies Community Justice het Maandag aan Maroela Media gesê Hendry Brown het Sondag ʼn operasie ondergaan om die swelling op sy brein te verlig.
Brown is vroeër die dag vermoedelik met ʼn byl in die gesig gekap toe vier verdagtes omstreeks 02:00 toegang tot die gesin se plaashuis op die Uitkyk-pad naby Mabalel verkry het.
Maroela Media het vroeër berig die verdagtes het die egpaar, wat intussen as Hendry en Martie Brown geïdentifiseer is, vermoedelik met ʼn byl en panga begin kap. Die egpaar se seun, Tommy, het intussen wakker geword en met een van die aanvallers begin stoei.
Gryvenstein het gesê die egpaar is vermoedelik in hul 70’s.
Tommy is in die proses in die been geskiet. Die aanvaller is ook gewond. Die polisie het die gewonde aanvaller se liggaam sowat 300 m van die toneel gevind waar hy beswyk het.
Volgens Gryvenstein is Martie sedertdien uit ʼn hospitaal ontslaan. Tommy is na ʼn staatshospitaal oorgeplaas aangesien hy nie aan ʼn mediese fonds behoort nie. Nié net is hy in die been geskiet nie, maar het ook skedelbreuk in die voorval opgedoen.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, sê Gryvenstein.
Ag, dis darem nie so erg nie. Kom ons wees positief. Ons het gelukkig die rugby gewen. Go bokke!
Die aanbidding van sport het ons ou volkie tot hier gebring ,tot by Baal se altaar van sport, om geoffer te word.
Sou my skaam as ek jy was. Nie so erg nie ? As dit jou mense was ?
Ek hoop ook dat die mense (Bokke, Positief) wat se dit is nie so erg en ons moet maarnet positief bly is sarkasties of satiries. So nie hoop ek nie dit gebeur met julle nie want julle gaan dink aan die dag wat julle gese het dit is nie so erg nie en wens julle kan die woorde n 1000 maal oor sluk.
Wraggies waar verlang na blatjang, maak my lag, daar is vele SA winkels in VSA en Kanada
Ek neem aan Bokke is sarkasties en bedoel dat almal nou dink alles is reg hier in Suid-Afrika….
Kyk sy aanmerkings op die rugby berigte oor die naweek dan gee jy weer jou opinie.
Bokke was erg sarkasties, dis al. Hoe sal hy nou se dis nie so erg nie. Regtig mense, dink bietjie.
Ag nee, julle hierbo moet nie so negatief wees nie. Kom sluit aan by ons #ImStaying bladsy en dra by tot ‘n positiewe gesindheid.
Het seker nog nie met iemand na aan jou gebeur nie.
Gee vir my net n enkele rede on positief te wees, asseblief.
Julle gaan iewers met n helse skok wakker skrik……
Selfde lae, subhuman klas aanmerking as bokke. Swak, onsensitief en amper verlekkerend. Tot dit jou of iemand na aan jou tref dan VOEL jy hoe erg dit is, en sal verstom staan as iemand jou verlies afmaak as niks agv ‘n beker se oorwinning in ‘n sport kompetisie. Ek sou my skaam.
Ek wil net vir my skoonseun en dogter sê sterkte deur hierdie tyd. Ou Henry ons bid vir jou en Martie en Tommie. Wil net sê dit gaan bitter sleg met my swaer, ons harte is stukkend.
@ HANLIE… BAIE sterkte, vir julle almal, mag Sy Krag, julle Deurdra
Sterkte vir jou en jou familie deur die vreeslike tyd Hanlie!
Baie, baie sterkte vir die familie en die slagoffers. Dis aaklig om te dink mense is so wreed teenoor ander. Mag daar heling kom
Bokke ek sal laaik om jou in die oe te kyk. Seker nog onder die invloed van na die naweek.
Baie sterkte aan die hele familie en hoop hulle herstel ten volle.
Sterkte daar. God sal hierdie mense straf bo ons denke.
Het my President……ummmmm, ja daai ene, ummmmmm President, ummmmmm, ja nou het ek dit Cyril Ramaphosa, die man al in die hospitaal besoek? Hy is wit en ‘n boer, soe dit sal nooit gebeur nie. Hulle vier seker nog die feit dat ou Gwede Mantashe blykbaar gelieg het, of was dit nie gelieg het nie, en is danbaar dat hy kan aanbly???
Daniel,
Die beste rede om positief te wees is dat daar ‘n Lewende God is! Dien Hom en jy sal soveel meer positiewe dinge ervaar. Hierdie is die werk van die bose. Ons kan nie nou terwyl alles verval vergeet om ons God te dien nie!!! Ek praat nie net nie, my familie is deel van die statistieke en deur alles dien ek ‘n Lewende God! Op ons knieë, koppe omlaag gaan ons dit maak tot aan die anderkant.
Sterkte aan hierdie gesin en familie, ek dra jul op in my gebede
Hoekom word hy na n staatshospitaal oorgeplaas. Hoekom betaal die straat nie vir n privaat hospitaal nie. Dit is mos een van hulle trawante wat hom seergemaak het.
Dis nou kastig “nie so erg nie” . Eina, dalks is daardie Bokke persoon nog aangeklam weens uitgerekte feesvieringe van die groot Bok oorwinning. Sonie het hy een baie verwronge sin vir humor. Dis nie goeie styl om grappies oor andere se trauma te maak nie. Onthou , dit kan enigeen van ons tref.
daar is iets fout met die ‘bokke’ persoon om so ‘n aanmerking te maak. Liefs moet sulke persone net geignoreer word. Dis duidelik geskryf om mense uit te lok maar terselfde tyd verskriklik laag en onsensitief
Ek wonder wat sal Kaptein Siya Kolisi se oor die aanval. Sou interresant wees as hy land op OR en iemand hom daai vraag vra.
1995- het almal ook die reenboog se kleure gesien en gou het daai kleure vir blyk.
Ek luister graag Kaptein.
Ek bid julle alle sterkte toe. Ek hoop julle wonde genees vinnig. Fisies en emosioneel.
Die hoofrede waarom die bekerglorie my koud laat is nare nuus soos diè. Normale sport kan nie in ‘n abnormale ongewing beoefen word nie.
Voor verlede Sondag het die pastoor in die kerk gese ons moet gou die diens klaar maak want die rugby word 11 uur oor die radio uitgesaai. Hy wil dit nie mis nie.
en so gaan die moorde, korrupsie, diefstal, ens net voort asof dit die misdadigers se dag/nag “sport” en “werk” is :-(
sterkte aan die oorlewendes!!
Moord en doodslag is aan die orde van die dag. Mense wil n stem kry in hierdie duisternis van geweld en tog word ons stemme stilgemaak. Ek wonder waarom is alle kommentaar in die vorige berig delete?
Moord en doodslag is aan die orde van die dag. Mense wil n stem kry in hierdie duisternis van geweld en tog word ons stemme stilgemaak. Ek wonder waarom is alle kommentaar in die vorige berig delete?
Ek voel dit het tyd geword dat die staat aanspreeklik gehou word vir ALLE mediese kostes en trauma behandeling kostes van ons mense wat so gereeld op landelike gebiede aangeval word en dat behandeling slegs in privaat hospitale sal plaasvind of die persone nou ‘n medies fonds het al dan nie.Dit sal die regering aanspoor om die polisiemag sodanig te vergroot en toepaslik toe te rus om beter beskerming te bied in landelike gebiede.
Goeie voorstel. Hierdie sogenaamde regering sit dik in die dollars en die kripvreters het almal ‘n mediese fonds wat deur belastinggeld betaal word terwyl gewone mense wurg om aan die lewe te bly en baie nie privaat mediese fondse kan bekostig nie.
@Chris WS, ek stem saam, maar ek dink ‘n daai moet teen onverantwoordelik publieke sprekers gemaak word soos Malema. Want hierdie aan Calle is ‘n direkte resultaat van wat hulle se in die publiek!!
My gedagtes en gebede is met die gesin!!
Dit is vir my onaanvaarbaar dat hy na staatshospitaal oor geplaas word. Dit is die regering se skuld dat die mense aan geval is. Ek sou sê dat hulle die beste mediese sorg moet ontvang, in ‘n privaat hospitaal, ongeag of hulle medies het.
Julle mense het net glad nie meer respek nie. As dit jou familie was sou ek graag wou sien was was jou reaksie weet jy hoe wreed moet dit vir die mense wees om met ‘n panga in hul eie veiligheid aangeval te word. Jy is nêrens veilig nie. Dit wil my voorkom iemand het die kriminele toestemming gegee om ‘n speletjies te speel van “menslike
hunting” wat dit is wat hul doen die mense is weerloos. Hul kom val nie meer een aan nie daar kom ‘n hele paar.
As ons wil bly voortbestaan in hierdie misdaduge land sal elke huishouding mort gaan sit en besluite maak hoe om jou huisbewoners en jou eiendom te beskerm. Alarms binne die huis help niks. Alarms buite die huis is sinvol. Honde is ook nodig . Ek ken talle plaasbewoners wat moet stilhou om ‘n hek oop te maak in die aand voor hy by sy huis aankom. Mense kom ons word wakker. Engele sal ons beskerm indien ons ons kant ook bring.
Iemand heel bo het ‘n paar rugby-senuweetjies raak geboor en toe pla sekere mense se rugby gewetes hulle so erg dat hulle hul humeur verloor……