ʼn 44-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal ná ʼn skietvoorval Woensdag in die vroeë oggendure in die noorde van Pretoria.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 03:00 in Wildebeesrylaan in Hesteapark, Akasia plaasgevind.
“Inligting oor die skietery en wat daartoe gelei het word deur die polisie ondersoek,” het Steinmann gesê. “Paramedici het by die toneel opgedaag en die persoon op die vloer met kritieke beserings aangetref. Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling.”
Maroela Media wag vir kommentaar van die polisie.
Lees ook:
Pa van PTA tydens huisbraak geskiet