Man kritiek ná rooftog by luukse Pretoria-hotel

Sheraton Pretoria Hotel. Foto: http://www.sheratonpretoria.com/

Sheraton Pretoria Hotel. Foto: http://www.sheratonpretoria.com/

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdagaand buite die Sheraton-hotel in Arcadia, Pretoria, tydens ʼn gewapende rooftog geskiet is.

Maj. Mack Mngomezulu, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man het saam met ander gaste voor die hotel stilgehou en was besig om hul bagasie af te laai toe ʼn Audi langs hulle gestop het. “Drie gewapende rowers het uitgespring, hulle met vuurwapens gedreig en hul bagasie gesteel,” het Mngomezulu gesê. “Net voordat hulle gevlug het, het hulle ʼn skoot afgevuur en die man is in die kop gewond.”

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24 wat op die toneel was, was die man in ʼn kritieke toestand met paramedici se aankoms, maar steeds by sy volle bewussyn. Nadat paramedici hom gestabiliseer het, is hy na die Muelmed-hospitaal gehaas.

Mngomezulu het gesê ʼn saak van gewapende roof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.