Man kritiek ná rooftog by padoorgang

Argieffoto: ER24

’n 45-jarige man is Donderdagnag in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal geneem ná ’n rooftog in Randburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 23:50 met hul aankoms op die toneel die gewonde man langs die pad aangetref ná ’n rooftog by die aansluiting van Price- en Fuelwe in Newclare.

Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy twee skietwonde opgedoen het. Die man is kritiek gewond in die voorval.

Die man is op die toneel behandel voordat hy na ’n provinsiale hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het Vrydag ’n navraag by die polisie ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Ons weet nou nog nie of dit ‘n kroek of cowboy is wat getref is nie.

Mieke ·

Ongelooflike selfsug en baarbaarse , kriminele optrede deur die aanrander(s)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.