Man kritiek ná rusie met padwerkers

Die toneel waar die skietvoorval plaasgevind het. Foto: Netcare 911

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy in die kop geskiet is tydens ʼn beweerde rusie met padwerkers in Durban, KwaZulu-Natal.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdagmiddag in Prospecton gebeur in ʼn straat waar padwerkers besig was om die versperringslyne op die pad oor te verf. ʼn Taxibestuurder het na bewering met sy voertuig oor die nat verf gery en ʼn woordewisseling het tussen hom en die werkers ontstaan.

“Die taxibestuurder het vir die werkers gesê hy sal terugkom en van die toneel weggery. Ná ʼn rukkie het hy met ander mense in die taxi teruggekeer en ʼn bakleiery het ontstaan,” het Mbhele gesê. Sy het gesê twee van die werkers is tydens die bakleiery met ʼn skerp voorwerp gesteek, terwyl een van die insittendes van die taxi in die kop geskiet is.

Nicholas Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het ʼn 20-jarige man op die toneel vir ʼn skietwond in sy kop behandel. “Hy was in ʼn kritieke toestand en moes op ʼn ventilator geplaas word. Hy is daarna per ambulans na ʼn hospitaal gehaas,” het Dollman gesê.

Mbhele het gesê sake van poging tot moord, aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Scalla ·

Hoop geregtigheid geskied, taxi drywers dink mos hul is onaantasbaar, arrogant, maak n voorbeeld van hom.

w ·

Moeni worry oor taxi bestuurder. Jesus sal besluit wat is die beste straf vi hom

Andre ·

Taxi’s is betrokke by die meeste misdaad in ons land. Hulle stel hulle self bo die reg en het geen respek vir lewens of enige ander lewende wesens nie, nie eers vir hulle passiere nie. Dit is hoogtyd dat die owerhede iets daaromtrent doen en hulle nie laat afkoop nie.

GES ·

Uit die berig is dit duidelik dat die taxi-bestuurder die geveg uitgelok het. Straf hom en maak ʼn voorbeeld van hom.

Ben ·

Taxi bestuurders is lankal uit beheer. Kyk ‘n beitjie na die statistieke veral waar kinders dood is.
1. Ek stel voor alle Taxi voetuie word nes Amerika geel geverf sodat ons hulle duidelik kan uitken.
2. Almal word gehertoets om te vas te stel watter van hulle se lisensies, is onwettig bekom.

Hester ·

Lees ek reg….n padwerker het taxi bestuurder in kop geskiet. Scary dat die padwerker met n vuurwapen langs die pad staan. n Vuurwapen hoort mos in n kluis.

Michael ·

Nee net ‘n geweer ‘n handwapen aan jou persoon om jouself te verdedig teen rowers van geen waarde in ‘n kluis nie.

Francois ·

Nee Hester, jy lees nie reg nie en so ook nie van die ander respondente nie. Daar is geen feite oor wie die skote afgevuur het. Voorts is daar ook nie feite oor wie die messteker is nie. Mense maak aannames sonder die feite. Een is wel seker dat die taxibestuurder die oorsaak van die rusie is en die aanhitser omdat hy teruggekeer het na die toneel. Sou hy weggebly het sou niemand beseer gewees het en sou daar geen onderonsie plaasgevind het nie.

Michael ·

Geen vrees vir die wet of die nagevolge van hulle dade nie maar luister jy na hulle leiers se uitsprake en die voorbeeld wat hulle stel is hulle optrede dalk verstaanbaar.

Voorlaaier ·

Moet hulle nou al gewapen wees om die pad te verf?…hehehe!..”Hey boetie!..ry oor my geel strepe en ek blaas jou vol gate”!..

Helen ·

Ons bly in n land waar jy nerens meer veilig is nie!!! Nou hoe naief kan mense nog wees na wat alles in die land aangaan?

Hier moet enige mens met n vuurwapen gewapen wees. Nou vra julle wat soek n padwerker met n vuurwapen? Hallo lees die berig!!! Die taxi bestuurder het trug gekom met mense om die padwerkers aan te val en het hulle ook gedreig hy gaan dit doen!!! Nou vra van julle wat soek n padwerker met n vuurwapen???? Daar het jy dit!!! Hulle moet hulle self verdedig!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Hierdie berig is meer as net nuus oor mense wat rusiemaak oor ‘n geverf. Hierdie is ‘n waarskuwing aan ENIGE mens wat hier lees en dit is dat jy nooit in enige woordewisseling betrokke raak met mense wat nie “van jou kerk” is nie. Hulle is nooit emosiebeheer geleer nie en voor jy weet wat aangaan het jy ‘n mes in jou lyf. Stem saam (al is hul nie reg nie), “smaail” en wys jou winkeltande en gee pad. Dis vir jou eie behoud.

H... ·

So ‘n ruk gelede was ‘n kennis van my betrokke in ‘n ongeluk met ‘n taxi. Die taxi bestuurder het binne in hom vas gery van agter af, binne 5 minute was daar ‘n klomp mans met wapens op die toneel (soos lyfwagte) om by die taxi bestuurder te wag totdat die polisie opdaag. Almal het dieselfde vraag gevra “hoekom gewapende lyfwagte?”. Die ongeluk was die taxi bestuurder se skuld maar hy kry gewapende beskerming? Wie het hul ontbied en hoekom?

Hierdie berig is net nog ‘n bewyse daarvan dat die taxi bestuurders die paaie “rule” en sodra jy hul wil aanvat of opstand wys teenoor hulle draai hul na geweld. Duidelik word hul beskerm deur iemand en kom natuurlik niks oor nie. Want die taxi “base” regeer die stede.

Ek glo ook nie die pad werkers het die wapens daar aangebring nie. Die outjie was seker met sy eie wapen geskiet.

SARIE VAN HEERDEN ·

Maak nie saak WAAR jy met ‘n taxi in ‘n ongeluk betrokke raak nie. As jy jou oe uitvee is daar ‘n swetterjoel boeties en sussies wat van erens en nerens uitpeul om hom te beskerm en by te staan. Dit het met my dogter gebeur en glo my EK WAS BANG!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.