ʼn Kantoorwerker is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn onbekende aantal vermeende rowers op ʼn sakeonderneming in Germiston aan die Oos-Rand toegeslaan het. ʼn 40-jarige man is in die voorval geskiet.
Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici Dinsdagoggend na ʼn onderneming in Meadowdale ontbied waar ʼn man beseer is in ʼn skietvoorval.
“Die pasiënt het ʼn skietwond aan sy maag opgedoen en het baie bloed verloor.”
Paramedici het daarin geslaag om die man op die toneel te stabiliseer, maar sy toestand het vinnig versleg.
“Weens die erns van sy beserings is ʼn helikopterambulans na die toneel ontbied wat hom na ʼn hospitaal geneem het,” het Herbst gesê.
Die polisie was op die toneel en ondersoek die saak verder.
Maroela Media het by die polisie navraag gedoen, maar dié het gesê hulle kan nie kommentaar lewer as hulle nie ʼn saaknommer het nie.
Kan die onderneming nie meer nuus gee nie, die polisie wag seker vir kersfees.