Man kritiek ná skok by kragstasie

Foto: Facebook via Mooirivier Beskerming

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy erge brandwonde by ʼn kragsubstasie in Potchefstroom opgedoen het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 14:45 na die kragsubstasie ontbied. Daar het hulle die man aangetref waar hy langs ʼn heining onder ʼn elektriese spantoring gelê het. Hy is vermoedelik geskok.

“Die man het erge brandwonde oor die grootste deel van sy lyf opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê. Die man is op die toneel behandel voordat hy na die provinsiale hospitaal in Potchefstroom gehaas is.

Volgens Meiring is dit nie duidelik wat daartoe gelei het dat die man by die substasie geskok is nie. Mooirivier Beskerming, ʼn private veiligheidsmaatskappy wat ook op die toneel was, het egter op hul amptelike Facebook-blad gesê dit wil voorkom asof die man kabels uit die kragstasie wou steel. Dit is egter nie deur die polisie bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.