Man kritiek ná skote klap by Centurion-winkelsentrum

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Veiligheidswag is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas nadat hy Sondagmiddag tydens ʼn rooftog by die Forest Hill-winkelsentrum in Centurion in die bolyf geskiet is.

Die voorval het glo by ʼn Vodacom-winkel in dié sentrum plaasgevind.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die man was glo in die parkeerterrein met die aankoms van die nooddienste.

Ná hy gestabiliseer is, is die man na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.

Dit is in dié stadium nie seker of enigiets in die voorval gesteel is nie. Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris Ws ·

Dis naweek so om die polisie vir kommentaar in die hande te kry sal haas onmoontlik wees.Hulle hou nog sie`sta!

Theresa ·

Sentrums wemel van sekuriteitsmanne. Waarom gebeur hierdie tipe ding steeds?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.