Man kritiek ná sloot toeval

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn sloot waarin hy in ʼn straat in Bethlehem in die Vrystaat gewerk het, bo-op hom toegeval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê by paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man in die sloot onder ʼn rots aangetref.

“Hulle het onmiddellik die pasiënt uit die sloot gebring en hom ondersoek. Hy het veelvuldige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê.

Die man is op die toneel behandel voordat hy na Mediclinic Hoogland gehaas is vir dringende mediese aandag.

Die beseerde was deel van ʼn groep werkers wat besig was om die sloot te grawe. Die polisie is na die toneel ontbied om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ellisras ·

Vrydag is veiligheid nie so nn groot prioriteit nie. Onthou: veiligheid orals, nie net bt die werk plek nie.

IK ·

Weereens ‘n hartseer verhaal a.g.v. ‘n toesighouer se nalatigheid. Weereens? Ja, omdat dit reeds verskeie kere in die verlede gebeur het hetsy dit ‘n voor is wat gegrawe word of wanneer ‘n boomstomp omval wat uitgegrawe word. Die nodige sywaartse stutte moet aangebring word na gelang die voor se diepte toeneem. Natuurlik gaan die werk nou langer neem om te voltooi en die ekstra materiaal gaan ook die kostes aanhelp. Gewoonlik word daar ‘weggekom’ met sulke dinge tot op ‘n dag . . .
Elke werk/beroep het ‘n stel reëls aangaande veiligheid en kortpad vat kan jou jou lewe kos. Dit geld ook tuis soos deur Ellisras beklemtoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.