Man kritiek ná tref-en-trap

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas ná ʼn tref-en-trap-voorval op Jim Fouchelaan in Meyerton in Gauteng.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die man is deur ʼn verbyganger langs die pad opgemerk. Die verbyganger het daarna die ambulans na die toneel ontbied.

“Die man het erge beserings aan sy rug opgedoen wat hom in ʼn kritieke toestand gelaat het,” sê Meiring. “Hy is met lewensondersteunende middels behandel in ʼn poging om hom weer in ʼn stabiele toestand te kry en is daarna na die hospitaal gehaas.”

Die man is tans in die Sebokeng- provinsiale hospitaal. Hy is steeds in ʼn kritieke toestand.

Meiring sê plaaslike owerhede was op die toneel en het ʼn ondersoek van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yankee ·

Genade, kop aan kop botsings, tref en altyd trap, moord en doodslag, grond gryping, wat is dan nog oor in SA?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.