Man kritiek na trein, bakkie bots

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man is in kritieke toestand nadat ʼn trein teen ʼn bakkie gebots het op ʼn treinspoor langs Jan van Riebeeckstraat in Pretoria-Noord.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens ooggetuies het die bakkie deur die valhek voor die treinspoor gebars voordat die trein dit getref het. Die ongeluk het omstreeks 12:30 gebeur.

Volgens Botha was die bestuurder, vermoedelik in sy 30s, in die wrak van die bakkie vasgekeer. Brandweerbeamptes moes meganiese toerusting gebruik om hom uit die wrak te sny.

“Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans na ʼn hospitaal gehaas is. Hy het kritieke beserings opgedoen,” het hy gesê.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hannes ·

Nee hy sal nie, maar dat die man dit oorleef het, spreek boekdele vir daai BT50 se vlak van veiligheid.

Oom Walker ·

Dis geen ongeluk nie – die man het dan doelbewus deur die valhek gebars!

KarenG ·

Oom Walker, was ook my gedagte. Jy weet mos die valhek is af vir ‘n rede. Tensy jy doelbewustelik voor die trein wou inry. Indien hy dit wel net pleinweg verontagsaam het, nou ja, dan gebeur wat gebeur het.

Liezel ·

Het een van julle al daaraan gedink dat sy remme dalk onklaar geraak het. Hou asb op oordeel voor julle nie al die feite het nie

Wéér ·

Ek gaan dit wéér sê en ek weet ook nie wat daarmee verkeerd is nie.
“Train the mind to mind the train”.
Dit beteken dat jou verdrand só ingestel moet wees om altyd ook aan die moontlik van ‘n trein te dink . Nou wat MM is daarmee verkeerd want dit is mos goeie raad!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.