Man kritiek ná trein hom tref

Foto: ER24

ʼn Man is Maandagoggend deur ʼn trein naby Warner Beach in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal getref.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 09:30 na die toneel ontbied. Hulle het die man aangetref waar hy langs die treinspoor gelê het. Hy is vermoedelik 84 jaar oud.

“Die man was in ʼn kritieke toestand. Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling,” het Siddall gesê. Dit is nie in dié stadium duidelik hoe die man voor die aankomende trein beland het nie.

Siddall het gesê die polisie was op die toneel en sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PJC ·

Foeitog wat soek ń 84-jarige so alleen langs die treinspoor. Waar is sy familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.